AFGRI
BEAN
10 Aug
-
9003
0,00
CORN
10 Aug
-
3985
0,00
SOYA
10 Aug
-
8727
0,00
SUNS
10 Aug
-
10323
0,00
WEAT
10 Aug
-
7058
0,00
WMAZ
10 Aug
-
4178
0,00
YMAZ
10 Aug
-
4167
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Nuwe statutêre heffing vir rooivleis

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Karkasse. Foto: LBW-argief
Karkasse. Foto: LBW-argief
Belanghebbendes in die rooivleisbedryf het tot 6 Mei geleentheid om kommentaar te lewer op voorstelle vir ’n nuwe statutêre heffing vir die bedryf in die plek van die huidige statutêre maatreëls wat op 4 November verstryk.

Die nasionale landboubemarkingsraad (NLBR) oorweeg die aansoek vir ’n volgende vierjaar-tydperk soos versoek deur die primêre groepering vir rooivleis en lewendehawe (RMLPC) bestaande uit die Rooivleisprodusente-organisasie, die abattoirvereniging, SA voerkraalvereniging en die ontluikende rooivleisprodusente-organisasie. Die RMLPC het ook ’n maatskappy sonder winsbejag, die Rooivleisbedryfsdienste, geskep om die statutêre maatreëls te bestuur.

Die voorgestelde heffings volgens die aansoek sal vir die eerste jaar (5 November 2022 tot 4 November 2023) R13 per bees en R2,53 per skaap of bok wees by die slagpunt (BTW uitgesluit). Die jaar daarna sal dit onderskeidelik R13,65 en R2,66 wees, dan R14,33 en R2,79 en in die laaste jaartydperk R15,05 en R2,93 wees.

Die beraamde inkomste van die voorgestelde heffings sal wissel van R42,2 miljoen vir die eerste jaar tot R50,5 miljoen in die 2025-’26-boekjaar. Daarvan sal 30% gebruik word vir dieregesondheid, openbare gesondheid en biosekerheid (onder meer die stryd teen bek-en-klouseer, naspeurbaarheid en produkveiligheid). ’n Verdere 15% sal gaan om marktoegang te verbreed en 25% vir mededingendheid en volhoubaarheid (onder meer produkontwikkeling, bedryfsinligting, navorsing en verbruikersopvoeding).

Ingevolge die wetgewing oor die bemarking van landbouprodukte moet 20% van die inkomste uit die statutêre heffing ook vir inklusiewe groei (transformasie in die ontwikkelende sektor) gaan en 10% mag vir administrasie en bestuur benut word.

Die NLBR wys daarop dat die wetgewing bepaal dat ’n statutêre heffing nie 5% van die prys by die eerste verkoopspunt mag oortref nie. In die geval van die voorgestelde heffingsbedrae is die heffing op ’n beeskarkas op 0,11% van die riglynprys bepaal en dié vir skape en bokke op 0,13%. Dit is ver minder as die maksimum wat toegelaat word.

Die raad sê die voorgestelde statutêre maatreëls wat ander aspekte soos registrasie, rekordhouding en verslagdoening betref, blyk ook gereed te wees. Daar sal ná die kommentaartydperk aanbevelings aan die minister gedoen word. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.59
-0.0%
Rand - Pond
20.04
-0.1%
Rand - Euro
16.95
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,789.91
-0.3%
Silwer
20.39
-0.7%
Palladium
2,208.50
-0.6%
Platinum
930.50
-0.8%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Wil die lewe geniet sonder drama met baie pret. Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur. Geniet netjiese tuin.
NOU OF NOOIT
Klein. maar n groot hart vir die regte man daar iewers Moenie kanse vat ek is slimmer as wat jy dink
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot