
Eskom het vanoggend aangekondig dat Cassim die leierposisie by Eskom sal inneem tot verdere kennisgewing.
Dit volg ná die aankondiging Woensdagaand dat mnr. André de Ruyter nie die res van sy kennisperiode, wat tot einde Maart sou strek, hoef uit te dien nie nadat hy in Desember verlede jaar sy bedanking ingedien het. Dit volg nadat hy in ’n onderhoud met eNCA gesê het senior politici is betrokke by korrupte bedrywighede by Eskom.
Cassim dien sedert November 2018 as Eskom se finansiële hoof nadat hy in Julie 2017 as die groep se uitvoerende finansiële hoof aangestel is.
Hy is ’n geregistreerde geoktrooieerde rekenmeester en het ook ’n meestersgraad in besigheidsleierskap (MBL). Hy werk sedert 2001 by Eskom.
“Met meer as 20 jaar diens by Eskom bied sy kwalifikasies en uitgebreide ervaring Cassim met ’n diepe begrip en waardering vir die Eskombesigheid, veral met betrekking tot die probleme met die finansiering van bedrywighede en toekomstige uitbreiding van die bedryf.”
Eskom het ook sy familie bedank dat hulle hom toelaat om die bykomende verantwoordelikhede aan te neem en is dankbaar dat Cassim bereid is om die rol in te neem.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.