
Dit val saam met NWK se rekord- nabelaste wins van R267 miljoen vir sy boekjaar tot 30 April 2022.
Luidens ’n verklaring sê NWK met hierdie jongste skenkings het meer as 5 000 minderbevoorregte leerders reeds by die skoolskoenprojek baat gevind. Die projek is in die maatskappy se 2012-’13-boekjaar gevestig. Die projek word met die samewerking van Noordwes se departement van onderwys aangepak.
“Dit is maar ’n klein verskil wat ons maak, maar ons moet iewers begin,” sê mnr. Johan Bezuidenhout, NWK se groepbestuurder van korporatiewe bemarking en kommunikasie.
Mnr. Benedict Modise, NWK se direkteur van ekonomiese ontwikkeling, verduidelik dat die skenkings van skoolskoene en ander goedere bedoel is om ’n mate van waardigheid vir die leerders te bring, van wie sommige in kortbroeke of somersrompe of plakkies geklee was ten spyte van die koue winterweer.
Mnr. Solomon Lesego, hoof van een van die begunstigde skole, Laerskool Matlape, beskryf NWK luidens die verklaring as “die beste in die weste”. “Ons wens is dat die hemelse Vader julle ryklik sal seën. Julle maak ’n groot verskil in hierdie kinders se lewens.”
Volgens inligting wat op 7 Julie 2020 deur Statistieke Suid-Afrika gepubliseer is, is meer as ses uit tien kinders (62,1%) in die land meerdimensioneel arm. “Kinderarmoede in Suid-Afrika is multisektoraal, met die meeste kinders (0-17 jaar) wat gelyktydig aan veelvuldige ontberings ly.”