AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

OG identifiseer kwellinge by landbou se Covid-19-hulp

akkreditasie
Me. Tsakani Maluleke, Suid-Afrika se nuwe ouditeur-generaal. Foto: GCIS
Me. Tsakani Maluleke, Suid-Afrika se nuwe ouditeur-generaal. Foto: GCIS
Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het nie sy beloftes aan die ouditeur-generaal (OG) nagekom om spoedig voldoende stappe te doen om gebreke met die toestaan van Covid-19-hulp aan boere uit die weg te ruim nie, het me. Tsakani Maluleke, Suid-Afrika se nuwe OG, gesê.

Maluleke het die jongste verslag van geouditeerde bevindinge bekend gemaak rakende die staat se hulppakket om verligting te bring vir besighede en die kwesbaarste Suid-Afrikaners tydens die pandemie.

Die jongste verslag vervat die hulp wat die departement aan 15 513 kleinskaalse boere verleen het in die vorm van koopbewyse vir produksie-insette. Die boere het tot 31 Desember om die koopbewyse te gebruik. Die hulppakket is R1,2 miljard.

Die departement het vroeër self uitgewys dat hy sy rekordhouding van boere ernstig sal moet verbeter, aangesien verskeie “aktetasboere” probeer het om hul hande op die hulppakket te lê. Daar was ook 133 staatsamptenare wat probeer het om van die geld te kry.

Verslag

In sy eerste spesiale verslag het die OG kommer uitgespreek oor die regverdigheid van die aansoekproses en die kies van diensverskaffers waar die koopbewyse vir die aanskaffing van insette gebruik kon word, asook onvoldoende rekordhouding en rekonsiliasie van die koopbewyse. Die departement het vroeër aangedui dat nagenoeg 40 000 klein- en kommunale boere se aansoeke om hulp “deur die krake geval het”.

Die departement het intussen sy keuringsproses vir hulp aangepas sodat meer boere gehelp kan word.

Maluleke het gesê dit is bemoedigend dat die departement die afgekeurde aansoeke nuut beoordeel het op grond van die aanvanklike ouditbevindinge.

Van die waarnemings en bevindinge van die OG is dat toe die inligting van die begunstigdes teen die databasis van die departement en ander openbare instellings vergelyk is, is gevind dat sommige wat om die hulp aansoek gedoen het, ondersoek moet word. Dit sluit in staatsamptenare, boere wat reeds ondersteuning van ander landbou-ondersteuningsprogramme kry, en diegene wat ander hulp soos die tydelike werknemerverligtingskema (TERS) en maatskaplike toelaes kry.

Die OG kon nie voldoende bewyse kry dat die departement die aansoeke voor die afsnydatum ontvang het nie. Die ouditeure het in sommige gevalle gevind dat begunstigdes nie reg punte toegeken is gedurende die evalueringsproses nie. Hierdie probleem is ook in die eerste verslag uitgewys.

Die provinsies het nie almal op dieselfde manier die waarde van die koopbewyse bepaal nie omdat daar nie duidelike riglyne was hoe dit gedoen moet word nie.

Met besoeke aan vyf provinsies het die ouditeure gevind dat amptenare nie al die nodige inspeksies by die plase gedoen het om die inligting wat boere gegee het, te verifieer en te bepaal waarvoor die koopbewyse gebruik is nie.

Die OG het ook verskeie tekortkominge met die kontrole van die betalings, aantekening en rekonsiliasieprosesse gevind. Verder is die OG se oudit vertraag omdat die departement sekere inligting en dokumentasie nie verskaf het nie.

? Altesaam R95,84 miljard (65%) van die hulppakket van R148,06 miljard van die staat se Covid-19-hulp vir alle hulpprogramme wat haar kantoor geoudit het, is teen 30 September bestee.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot