AFGRI
BEAN
20 Me
-
9822
0,00
CORN
20 Me
-
4913
0,00
SOYA
20 Me
-
8967
0,00
SUNS
20 Me
-
10776
0,00
WEAT
20 Me
-
8308
0,00
WMAZ
20 Me
-
4576
0,00
YMAZ
20 Me
-
4700
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66

Omnia Holdings se herstrukturering lewer sukses

akkreditasie
Omnia Holdings se nuwe stikstoffosfaat-aanleg by Sasolburg. Foto: Verskaf
Omnia Holdings se nuwe stikstoffosfaat-aanleg by Sasolburg. Foto: Verskaf
Omnia Holdings se omdraaistrategie het hom nie net terug op die winspad geplaas nie, maar ook volhoubaarheid te midde van nuwe probleme soos Covid-19 geskep.

Die gediversifiseerde maatskappy, met belange in die landbou-, mynbou- en chemiese sektor, se netto skuld het met meer as die helfte ingekrimp van R4,4 miljard in 2019 tot R1,88 miljard aan die einde van Maart 2020. Sy bedryfswins het van R24 miljoen in die 2019-boekjaar tot R789 miljard in 2020 gestyg. Volgens mnr. Stephan Serfontein, finansiële hoof van Omnia, het die groep se stabiliseringsplan die regte grondslag gelê.

“Die aanneming van omsigtige finansiële bestuur het tot verbeterde prestasie vir al die sake-eenhede gelei. Die klem was grotendeels op die vermindering van koste, om groter marges te skep, doeltreffende bestuur van werkskapitaal en net om te verseker dat ons ten minste behoorlike opbrengste kry op die kapitaal wat voorheen belê is.”

In die vorige boekjare is ondernemings soos Umongo Petroleum en Oro Agri verkry, terwyl Omnia Holdings se nuwe nitrofosfaataanleg gebou is, wat vir die maatskappy heelwat finansieringskoste meegebring het. Dít alles, tesame met ongunstige marktoestande, het ’n groot skuldlas op die maatskappy geplaas. Hierna het die maatskappy ’n regte-uitgifte van R2 miljard in September 2019 voltooi en sy langtermynskuld is in Desember 2019 herstruktureer.

Intussen het die maatskappy se kontantvloei uit bedrywighede aansienlik verbeter van 2019 se R1 miljard tot R2,2 miljard in 2020, wat meegehelp het om ’n sterk verdienstegroei te skep, sê Serfontein. Omnia Holdings het vanjaar nie ’n dividend verklaar nie.

Impak van Covid-19

Oor die moontlike invloed van die koronaviruspandemie op die maatskappy se sake, sê Serfontein daar is deurentyd noodsaaklike dienste gelewer, insluitend primêre chemikalie-oplossings vir die landbou-, mynbou-, brandstof- en chemiese sektor waar hy sake doen. “Hoewel daar reg aan die begin van die inperking kwessies was met die voorsieningsketting vir die mynbou- en chemikalie-afdeling, is dit oorkom en tref ons voortdurend uitgebreide maatreëls om die welstand van ons werknemers, kliënte en ons vennote te verseker.”

Volgens Serfontein het die verbeterde prestasie in die internasionale mark bygedra tot die bedryfswinsstyging van 60% wat sy landbou-afdeling behaal het. Tradisioneel vergroot dié afdeling se inkomste in die tweede helfte van die boekjaar wanneer boere kunsmisprodukte koop om someraanplantings te doen. Die onlangse groei in sy internasionale landboubedrywighede help ook om die inkomste ’n hupstoot in die stiller eerste helfte van die boekjaar te gee. Die maatskappy kyk nou na die ontginning van nuwe buitelandse markte, onder meer Indië, vir Oro Agri se biolandbouprodukte.

Wydverspreide nasionale kragonderbrekings in Desember en Januarie het mynboubedrywighede in die land geknou en ook ’n ongunstige impak op die verkope van Omia Holdings se mynbou-afdeling gehad. Die maatskappy verskaf onder meer plofstof aan myne. Nogtans het goeie vertonings in die buiteland gehelp om die afdeling se bedryfswins met 110% tot R356 miljoen op te stoot. Die chemikalie-afdeling, bestaande uit Umongo Petroleum en Protea Chemicals, se bedryfswins het van R10 miljoen in 2019 tot R173 miljoen in 2020 gestyg.

Serfontein sê die risiko’s wat Covid-19 kan inhou, sal in die komende boekjaar steeds fyn bestuur word, en so ook die maatskappy se skuldposisie. Omdat hy grondstowwe aankoop en vir someraanplantings opberg, sal hy nooit heeltemal skuldvry kan wees in die eerste helfte van sy boekjaar nie, maar die skuld is nou op ’n volhoubare vlak vir die toekoms. “Ons is in die voordelige posisie om sterk aandeelhouers te hê wat in die maatskappy glo, en ons balansstaat is beduidend versterk deur die regte-uitgifte en die bedinging van ’n volhoubare skuldpakket.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vriende, kuier en wie weet vorentoe
Ek is vriendelik, hou van grappies maak en speel aanlyn games. Behoort aan n tennis klub en geniet series en flieks te kyk. Soek graag iemand om mee saam dit als te doen en saam...
Vertel my van jou..!!
Hallo. Ek is n mamma van n tweeling van 20jr. Nou tweedle jaar op Tuks. Bly alleen. Soek graag n maat vir geselskap!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot