Geen omdraaikans nie
Mnr. James Mackay, uitvoerende hoof van die energieraad van Suid-Afrika, het op Son SA se kragkonferensie in Pretoria gesê Suid-Afrika se energiekrisis kan as ’n trilemma beskryf word waarvan die drie pote – sekerheid, bekostigbaarheid en volhoubaarheid – gebalanseer én aangepak moet word.
Hy glo dit is nou die tyd om probleme en oplossings prakties te benader en wat Suid-Afrika betref, eers ’n kortertermynuitkyk te handhaaf en te doen wat moontlik is.