“Ons het besluit om ’n ondersoek te doen oor die onwettige verskuiwing van diere,” sê mnr. Dewald Olivier, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse voerkraalvereniging.
“Ons wil weet wat die bewegings is, waarheen die diere verskuif is en waarom hulle verskuif is. “Ons gaan ’n span aanstel om dit vir ons as bedryf te ondersoek sodat ons meer duidelikheid het oor wat presies op grondvlak aan die gang is. Dan kan ons die regte besluite neem as ons weet wat die werklike omvang van die onwettige verskuiwings is.”
Die groepering, waarvan die voerkraalvereniging deel is, verteenwoordig die hele rooivleiswaardeketting. Dit het ten doel om die sektor se gemeenskaplike doelwitte aan te pak en die siekte as ’n verenigde groep te bekamp.