AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Onluste: Cele en Ramaphosa loop deur onder kritiek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Die onluste wat in Julie verlede jaar plaasgevind het was gister tydens die debat oor die staatsrede in die kollig gewees.

Pres. Cyril Ramaphosa het ’n fout gemaak om mnr. Bheki Cele as minister van polisie aan te stel. Hy moet hom elders ontplooi sodat mededinging tussen hom en genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, kan ophou en misdaad aangepak kan word.

Mnr. Julius Malema, leier van die EFF, het hierdie voorstel gemaak tydens die debat oor die staatsrede in die parlement.

Na bewering bestaan erge wrywing tussen die twee omdat Cele hom na bewering met bedryfskwessies bemoei. Dit het ’n katastrofiese impak gehad op hoe die situasie rondom die onluste in Julie verlede jaar in KwaZulu-Natal aangepak is.Volgens Malema moes Cele, ’n voormalige nasionale polisiekommissaris, nooit as minister aangestel gewees het nie, want hy weet wat die verantwoordelikheid is en wat met daardie verantwoordelikheid gedoen kan word. “Geweldsmisdaad is op sy hoogste. Dit was ’n fout wat jy (Ramaphosa) gemaak het.”

Julius Malema
Mnr. Julius Malema. Foto: GCIS

Hy het gesê dit sou beter gewees het as Cele eerder as minister van verdediging en militêre veterane aangestel was, en iemand anders wat nie met die polisiekommissaris sal meeding nie, as minister aangestel word.

“Ons sal nooit misdaad in Suid-Afrika kan oorwin as mededinging in die polisie nie stopgesit word nie. Die enigste manier om die mededinging stop te sit, is om die minister van polisie te verwyder en hom iewers anders te stuur sodat ons misdaad kan beveg.”

Kans verspeel

Mnr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, meen Ramaphosa alleen moet verantwoordelikheid neem vir die onluste, want hy het reeds in 2018 kennis gedra van die wanorde en korrupsie in die staatsveiligheidsagentskap. Die verslag van die hoëvlakpaneel onder leiding van dr. Sydney Mufamadi oor die staatsveiligheidagentskap was toe al op Ramaphosa se tafel. “En wat het jy gedoen? Niks nie. Jy moes eers wag dat 336 mense doodgemaak word in – was dit ’n rebellie of ’n betoging? – ons weet steeds nie, maar tóé begin jy optree. As jy al in 2018 opgetree het, kon dit voorkom gewees het.

Pieter Groenewald
Mnr. Pieter Groenewald. Foto: GCIS

Groenewald het ook uitgewys dat hoewel Ramaphosa geweldsmisdade wil hokslaan, die begroting onder sy leierskap gekrimp het tot waar dit nou 5% van die totale begroting is.

“Jy besnoei die begroting van die polisie, maar jy verwag van hulle om misdaad te beveg.” Volgens Groenewald moet mens dan vra of Ramaphosa regtig ernstig daaroor is.

Stabiliteit

Cele het benadruk dat Suid-Afrika se stabiliteit nie bedreig word nie en dat die land in veilige hande is. Hy het Malema ook daarop gewys dat Ramaphosa kabinetslede aanstel en dat hy sal moet wag tot hy eendag sy eie kabinet kan saamstel om skuiwe te maak.

“Ek herhaal, die stabiliteit van hierdie land word nie bedreig nie. Sommige komponente van die veiligheidsdienste is dalk mank, maar hulle is nie onder nie en sekerlik nie uit nie.”

Hy het toegegee dat daar beter opgetree kon gewees het teen die gebeure wat plaasgevind het. Hy het ook ’n terugblik gegee oor hoe dit alles begin het. “ ’n Stelselmatige en doelbewuste erosie van die land se sekuriteitsliggaam oor die jare heen het ons tot hierdie punt gebring. Dit sal tyd kos om die gemors op te ruim wat doelbewus geskep is om die land se veiligheidsagentskappe en wetstoepassing te verswak. Maar wees verseker dat die werk reeds gedoen word.”

Cele het weer eens die Suid-Afrikaanse Polisiediens se verbintenis verklaar tot die herposisionering van die polisie se strategiese fokus vir veiligheid en sekuriteit as direkte reaksie tot Suid-Afrika se prioriteite om ’n veilige omgewing te skep waarbinne die private sektor sal kan belê en die land ekonomies kan baat vind. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
-0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese pa en man wat jou lewe wil opkikker
Ek is betroubaar met 'n oop uitgaande persoonlikheid, hiu van die buite lewe en natuur met die see sand onder my voete
"Workaholic" wil bietjie chill...
Sjoe. Jy hoef my glad nie te leer ken nie maar ek is nogal oulik. Ek hou baie van lag. Grappies is lekker.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot