AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Onluste: Sowat R2 miljard skade vir landbou in KZN

akkreditasie
Vroeë skattings is dat die KwaZulu-Natalse landbou-ekonomie meer as R2 miljard sal verloor weens die wydverspreide onrus middel-Julie in dié provinsie en dele van Gauteng. Foto verskaf deur SA Canegrowers
Vroeë skattings is dat die KwaZulu-Natalse landbou-ekonomie meer as R2 miljard sal verloor weens die wydverspreide onrus middel-Julie in dié provinsie en dele van Gauteng. Foto verskaf deur SA Canegrowers
Betrokkenes en belanghebbendes is nog besig om die finansiële skade wat die onlangse onluste, plundering en vernietiging aan die KwaZulu-Natalse landbou-ekonomie aangerig het, te bepaal, maar ’n vroeë skatting dui aan dit kan meer as R2 miljard beloop.

Me. Sandy la Marque, uitvoerende hoof van die KwaZulu-Natalse landbou-unie (Kwanalu), sê volgens voorlopige bevindings is elke sektor in die provinsie se landbou-ekonomie op die een of ander manier nadelig geraak deur die onrus middel-Julie.

Sy sê van die gevolge sluit in werkverliese, tyd en koste wat nodig is om handel te laat herstel, geld wat nodig is vir die heropbou van baie beskadigde dorpe - wat hul ekonomiese lewensvatbaarheid bykomend sou benadeel, en brandstigtingaanvalle op plase wat hul produktiwiteit en aflewerings verminder.

“Die impak is ernstig en sal nog vir baie maande, indien nie jare nie, gevoel word. Ons het steeds ’n gebrek aan veiligheid vir die vervoer van goedere en dienste. Ons roetes moet van plaas tot vurk beveilig word. […] talle ander ingrypings word vereis en [dit] sal ’n uiterste verskuiwing in die benadering en toewyding deur die regering en [sy] leierskap verg.”

Mnr. Andrew Russell, raadsvoorsitter van SA Canegrowers, sê in ’n verklaring “onherstelbare verliese” wat suikerrietboere as gevolg van die skade in die middel van hul oesseisoen gely het, kan ’n geskatte R600 per ton van die oes wat hulle gewoonlik lewer, beloop. Gesamentlik word dit op meer as R211 miljoen beraam.

“[...] alle suikermeulens in KwaZulu-Natal moes gedurende [daardie] week hul bedrywighede staak, aangesien hulle weens die onderbrekings van vervoerroetes en blokkades by meulens nie veilige aflewerings van suikerriet van ons produsente kon ontvang nie.”

Mnr. Thinus van Zijl, hoof- uitvoerende beampte van Agri Gauteng, sê hoewel plase in Gauteng grotendeels nie direk deurgeloop het onder die onrus wat daar elders was nie, het aflewerings aan, verhandeling by en insameling van Gautengse varsproduktemarkte in daardie stadium met tot 80% gedaal.

“Die vragmotors wat produkte en kos tussen Gauteng en KwaZulu-Natal vervoer, veral sitrus na hawens, is kwaai deur die onluste geraak. Die bedrywighede het egter weer redelik vinnig toegeneem en dinge is meestal weer normaal.”

Van Zijl het bygevoeg daar moet toegesien word dat varsproduktemarkte in die toekoms voldoende beveilig word sodat produsente en kopers die gemoedsrus kan hê om die markte te besoek vir hul aflewerings en aankope.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.49
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.5%
Rand - Euro
18.42
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.87
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot