AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Onluste, Transnet-krisis keer nie rekordoesjaar vir sitrus

akkreditasie
Die Durbanhawe vroeër die week toe aktiwiteite weens die kuberaanval lamgelê is. Foto: Robyn Joubert
Die Durbanhawe vroeër die week toe aktiwiteite weens die kuberaanval lamgelê is. Foto: Robyn Joubert
Ondanks die onlangse onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng, en toe nog boonop die kuberaanval op Transnet wat haweterminale lamlê, sal vanjaar steeds ’n rekordoesjaar vir Suid-Afrika se sitrusbedryf wees, sê mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SASKV).

Transnet het Maandag aan sy kliënte bevestig dat kuberkrakers op die maatskappy se IT-stelsel toegeslaan het. As gevolg daarvan is force majeure op al sy haweterminale verklaar wat enorme agterstande in die invoer en uitvoer van goedere, onder meer landbouprodukte, soos sitrus, wyn en vleis, skep.

Chadwick sê al slaag die sitrusbedryf daarin om uitvoer vanaf hawens in buurlande, soos Mozambiek, te versend, sal dit nie die probleem oplos nie. “Daar is ’n aantal vereistes by verskeie markte met betrekking tot inspeksies deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, asook die raad vir toesig op die uitvoer van bederfbare produkte, wat moeilik sal wees om by ’n hawe in ’n buurland te doen. Ons sal dus nie na lande soos die Europese Unie, China, Suid-Korea of Japan kan uitvoer nie.

“Ons is dus taamlik beperk met waarheen ons vanaf Maputo-hawe sou kon uitvoer. Dit is nie ’n plan wat die probleem sal oplos nie, maar dit sal die druk op die Durbanhawe verlig.”

Transnet het aangedui dat sy IT-stelsel moontlik eers Vrydag 30 Julie weer aanlyn sal wees. “Ons hoop dat Transnet die probleem teen die einde van die week of selfs môre sal kan oplos. Hoe langer dit duur om ’n oplossing te vind, hoe meer opeenhopings is daar,” sê Chadwick.

“Dit is vir sommige kwekers onmoontlik om nie te oes nie aangesien die vrugte dan aan die boom vrot en nie meer vir uitvoer geskik is nie. Hulle móét dus oes. Gelukkig is dit tans taamlik koud, ook in Durban, en die gehalte van die vrugte sal behou word, solank dit nie té lank opgeberg moet word nie.”

Chadwick sê wanneer Transnet weer aanlyn is, sal die agterstand wat oor die afgelope week ontstaan het uit die weg geruim moet word met vragte wat nie net gelaai moet word nie, maar ook afgelaai moet word. “Transnet se haweterminale sal ’n interessante plek wees om te wees wanneer die stelsel weer aanlyn is, want dit gaan baie bedrywig wees.”

Chadwick raai kwekers aan om sover moontlik nie verder te oes nie en met hul logistieke diensverskaffer kontak te maak om bevestiging te kry voor hulle verder oes. Daar is volgens hom alternatiewe kanale beskikbaar, soos om vragte op konvensionele skepe te laai wat nie deur Transnet gediens word nie, wat uitvoerders in staat sal stel om hul vrugte by die mark te kry sodat hulle nie hul markaandeel verloor nie.

Hy sê vanweë die onlangse onluste en die kuberaanval moes oesskattings afwaarts aangepas word. “Ons is reeds besig met die oes van Valencia-lemoene, ons grootste kommoditeit. Daar is aanduidings dat vanjaar se lemoene kleiner is en ons dus minder kartonhouers sal kan vul.”

Intussen is Transnet se Navis-stelsel vir besprekings en die verwerking van vrag weer by alle hawens aanlyn. Invoerders en uitvoerders kan dus vraghouers weer aanlyn bespreek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.57
-0.3%
Rand - Pond
22.64
+0.4%
Rand - Euro
19.99
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.36
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
966.66
-1.8%
Palladium
1,390.58
-1.9%
Goud
1,944.34
-1.7%
Silwer
22.29
-1.1%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hier om nuwe mense te ontmoed
Ek is vol lewe hoi van uitdaacings jonk van hart en flees Hou van buitelewe visvang lamp Hou van lag en liefde
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot