AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Onluste: UPL skarrel om skade te herstel

akkreditasie
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Die plaaslike bestuur van UPL probeer al ’n maand lank om ’n omgewingsramp te verhinder nadat brandstigters die maatskappy se voorraadpakhuis in Cornubia, noord van Durban, tydens verlede maand se onluste in puin gelê het.

UPL is een van die grootste vervaardigers en verspreiders van landbou-chemikalieë en biologiese produkte ter wêreld. Die ondersoekende joernalistieke organisasie AmaBhungane berig asetechlor, 2,4-D, MCPA, dikamba, alpha-siepermetrien, mikro-elemente en biologies voordelige organismes het tydens die brand in die slag gebly.

UPL het teen druktyd nog nie die volume van hierdie produkte bevestig nie, maar het in ’n verklaring gesê die maatskappy is besig om hierdie produkte te vervang en dat dit betyds sal wees vir die komende somergraanplantseisoen.

Voldoen aan regulasies

Luidens ’n verklaring wat die maatskappy einde verlede maand uitgereik het, het die pakhuis aan al die regulasies vir hoogs gevaarlike aanlegte voldoen. Op 11 Augustus het ’n parlementêre oorsigkomitee die UPL-pakhuis besoek omdat omliggende gemeenskappe ontevrede is nadat meer as 1 600 vorme van chemikalieë in die Mhlanga-rivier en -riviermond beland het.

Die opvangbad vir stortings by die pakhuis voldoen aan die regulasies, maar brandbestryders moes ’n abnormale volume water gebruik om die vuur, wat ’n week lank in die pakhuis gebrand het, te blus. Die water in die bad, wat met die gelekte chemikalieë vermeng was, het oorstroom en in die Mlanga-rivier beland. Dit het skade aan diere en plante in en om die rivier aangerig.

Daarbenewens is die omliggende gemeenskappe ook ontevrede omdat hulle asemhalingsprobleme ondervind weens die chemikalieë wat in die lug vrygestel is deur die hitte en omdat hulle nie meer water uit die rivier kan onttrek vir groentetuine nie.

Die oorsigkomitee het gevra dat ’n platform vir verdere interaksie tussen belanghebbendes gestig word, dat skadevergoeding vir die gemeenskapslede oorweeg word en dat finansiële hulpbronne beskikbaar gemaak moet word om op die aanbevelings van die voortgesette ondersoek te reageer. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Slegs opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Ek hou van rugby, motorsport. Wat jy sien is wat jy kry. Ek is nue n kroeg vlieg en sal eerder op die rusbank...
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot