AFGRI
BEAN
28 Nov
-
9156
14,00
CORN
28 Nov
-
4471,2
-39,80
SOYA
28 Nov
-
8830
66,00
SUNS
28 Nov
-
10850
-158,00
WEAT
28 Nov
-
6690
-4,00
WMAZ
28 Nov
-
5324
-21,00
YMAZ
28 Nov
-
5117
-9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

‘Ons baklei ook vir boere’ – Clover-vakbond

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Giwusa-vakbondlede betoog by die Uniegebou in Pretoria oor afleggings en veranderings in werkomstandighede by Clover. Foto: Carien Kruger
Giwusa-vakbondlede betoog by die Uniegebou in Pretoria oor afleggings en veranderings in werkomstandighede by Clover. Foto: Carien Kruger
Giwusa-betogers het gister voor die Uniegebou betoog en volgens mediaberigte ook plakkers op Clover-produkte in winkels in Kaapstad geplak.

Vakbondlede wat staak oor afleggings en ongunstiger werksomstandighede by Clover, sê hul protes is ook gemik daarop om plaaslike boere te beskerm.

Mnr. Vuka Chonco, hoofsekretaris van die Food and Allied Workers Union (Fawu), sê as ’n groot maatskappy soos Clover fabrieke toemaak, beteken dit klein ondernemings sal ook moet sluit en plaaswerkers gaan ook hul werk verloor.

“Dit is hoekom ons eis dat die staat betrokke raak.”

Die staking deur lede van Fawu en die General Industrial Workers Union of SA (Giwusa) het op 22 November verlede jaar begin en was gister (Donderdag) nog aan die gang.

Vakbondleiers het gistermiddag by die Uniegebou ’n vergadering met die regering gehad om hul eise te herhaal. Die vakbonde het reeds vroeër ’n memorandum aan die departement van handel, nywerheid en mededinging oorhandig waarin hulle onder meer eis dat Clover genasionaliseer word.

Vakbonde vra ook verbruikers om nie Clover-produkte te koop nie. Volgens mediaberigte die afgelope week het stakende werkers Woensdagmiddag by ’n Pick n Pay in Observatory, Kaapstad, opgedaag. Hulle wou plakkers op Clover-produkte plak. Van die boodskappe op die plakkers het gelui #BoycottClover, #WorkerNeedWayBetter, #StopMilkingWorkers en #NationaliseCloverUnderWorkerControl.

giwusa betoging, clover
Een van die Giwusa-betogers by die Uniegebou se plakkers op sy T-hemp lui onder meer Don’t buy suffering! #BoycottClover, #WorkerNeedWayBetter, #StopMilkingWorkers en #NationaliseCloverUnderWorkerControl. Sulke plakkers is volgens mediaberigte op Clover-produkte in ’n Kaapstadse winkel geplak. Foto: Carien Kruger

Die situasie is danksy sekuriteitslede en die polisie ontlont.

Geweld veroordeel

Clover sê in ’n verklaring hy is bewus van ontwrigtings en voorvalle by van sy handelsvennote se winkels. “Die maatskappy veroordeel alle gewelddadige optrede, intimidasie en vernietiging van eiendom wat uit sulke optrede voortspruit, ten sterkste, en sal gepaste stappe doen in reaksie op onwettige optrede.”

Clover sê hy respekteer die reg van werknemers om te staak en hy tree op volgens wetgewing. Hy bly verbind tot ’n opbouende oplossing en alle samesprekings word oorweeg binne die konteks van die onderneming se finansiële posisie en volhoubaarheid op langer termyn. 

‘Staak die besuiniging’

Chonco sê die vakbond se eise handel onder meer daaroor dat werkers nie afgelê moet word nie, dat diegene wat reeds afgelê is, onvoorwaardelik weer in diens geneem moet word, dat salarisse nie met 20% verminder moet word nie, en skofte van 12 uur nie moet geld waar voertuigbestuurders alleen werk nie. Skofte moet ook nie verander word sonder die betrokkenheid van vakbonde nie.

“Ons eis die betrokkenheid van die staat om al die besuinigingsmaatreëls (by Clover) stop te sit.”

Clover het vroeër in ’n verklaring gesê hy is gedwing tot herstrukturering weens ’n moeilike handelsiklus wat al ’n paar jaar duur, die swak ekonomie wat verbruikersbesteding benadeel, en groot kostestygings.

Chonco reken ’n maatskappy wat finansiële probleme het, moet gesprek voer en alternatiewe vind om probleme op te los, pleks daarvan om maatreëls in werking te stel wat tot die onderneming se voordeel strek. Volgens hom wil Clover R300 miljoen per jaar bespaar.

Hy vra waarom die laags besoldigdes in die spervuur is, terwyl die bestuur nie hul eie salarisse met 20% verminder nie.

Volgens Chonco was dit verkeerd van die regering om toe te laat dat die Milco-konsortium, waarin “Israelse biljoenêrs” ’n groot belang het, Clover in 2019 koop.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.2%
Rand - Pond
20.66
+0.3%
Rand - Euro
17.91
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,752.89
-0.3%
Silwer
21.50
+0.2%
Palladium
1,862.50
+0.3%
Platinum
1,003.50
+2.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,783
+0.0%
Alle aandele
73,189
+0.1%
Hulpbronne 10
70,671
-1.1%
Industriële 25
88,027
+0.8%
Finansiële 15
16,349
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot