AFGRI
BEAN
26 Me
-
9371
0,00
CORN
26 Me
-
4480
0,00
SOYA
26 Me
-
7813
0,00
SUNS
26 Me
-
8220
0,00
WEAT
26 Me
-
6690
0,00
WMAZ
26 Me
-
3644
0,00
YMAZ
26 Me
-
3750
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
0,65
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Onteien-wet ‘nie bedreiging’, sê Ramaphosa

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Die landbou moet die wetsontwerp op onteiening nie as ’n bedreiging beskou nie, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa sou vandag op Agri SA se jaarkongres gepraat het, maar moes op die nippertjie weens ander dringende omstandighede kanselleer. Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het sy toespraak voorgelees.

Die wetsontwerp, wat deur die nasionale vergadering goedgekeur is, sal nou voor die nasionale raad van provinsies dien. Volgens Ramaphosa sal die wet help om grondhervorming te bespoedig. “Die wetsontwerp verskaf helderheid oor die omstandighede waaronder grond onteien mag word en bied duidelike reëls oor hoe verskeie stappe binne die raamwerk van die Grondwet gedoen kan word om die belange van alle Suid-Afrikaners te bevorder.”

Ramaphosa het gesê ’n verenigde gemeenskap kan nie gebou word sonder om dit wat in die verlede verkeerd was, reg te stel nie. “Ons kan nie in harmonie langs mekaar woon terwyl die meerderheid, die ontneemdes, nie ’n gelyke en billike aandeel in grondeienaarskap het nie.”

Die grondhervormingsproses sal volgens hom net suksesvol wees as begunstigdes toegang het tot die nodige hulpbronne, kundigheid en, die belangrikste, kapitaal.

Vir swart boere om suksesvolle kommersiële boere te wees, is landboufinansiering uiters belangrik. “Ons weet almal van die Land Bank se probleme. Die nuwe direksie werk sonder ophou om die bank te hervorm om ’n beter diens aan die sektor te lewer.”

Ramaphosa het gesê daar word aandag daaraan gegee dat landbou-ontwikkelingsgeld en -toekennings wat by verskillende staatsdepartemente beskikbaar is, gekonsolideer en as ’n kapitaalgrondslag vir die “nuwe en volhoubare Land Bank” gebruik word.

’n Nuwe fase van die skema vir gemengde finansiering wat verlede jaar deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie bekend gestel is, gaan in vennootskap met die Land Bank, handelsbanke en landboubesighede bedryf word. 

Plaasaanvalle

Ramaphosa het moorde op boere en plaaswerkers, en plaasaanvalle ten sterkste veroordeel en gesê hy betreur die sinlose lewensverlies en trauma wat dit veroorsaak. Die vernietiging wat die aanvalle meebring, asook skade aan landboubedrywighede deur brandstigting, vandalisme en diefstal het volgens hom ’n baie wyer uitwerking op die samelewing en voedselsekerheid.

Hy het landbou-organisasies bedank wat hulpbronne bied om die regering te ondersteun in die inwerkingstelling van die landelike veiligheidstrategie.

Ramaphosa het ook verwys na onwettige mynbedrywighede wat ’n nadelige uitwerking op die landbou het.

“Plaasmoorde, onwettige mynbedrywighede en ander vorms van misdaad kan net oorwin word as ons saamwerk, inligting en beste praktyke deel en die nodige hulpbronne saamvoeg.” 

Water

Ramaphosa het opnuut benadruk dat dit uiters belangrik is vir landboubedrywighede en die bevordering van belegging in die sektor en verwante bedrywe dat waterlisensie-aansoeke vinnig verwerk moet word.

“Danksy ’n omkeerplan is die agterstand uitgewis. Die departement van water en sanitasie vorder volgens plan om die teiken te behaal om 80% van aansoeke binne 90 dae te verwerk.”

Die beoogde vorming van ’n agentskap vir waterhulpbron-infrastruktuur sal volgens hom beter bestuur van nasionale waterhulpbronne verseker.

Die infrastruktuurkantoor in die presidensie het 203 projekte in die vooruitsig en hiervan is 13 volgens Ramaphosa in die landbou- en landbouverwerkingsbedrywe. Dit sluit in verwerkingsaanlegte, besproeiingskemas en varsproduktemarkte. 

Transnet-staking

“Ons is diep bekommerd oor die salarisdispuut by Transnet, wat ’n reuse-koste vir die landbou en alle uitvoersektore meebring, asook vir die breër ekonomie.”

Ramaphosa het ’n beroep gedoen op alle partye betrokke by die staking om in die belang van die land op te tree. “ ’n Uitgerekte dispuut sal ’n terugslag wees vir ons pogings om die ekonomie te laat groei en werk- en nuwe sakegeleenthede te skep." 

Groei

Die president het die kongrestema “Groei plaaslik” verwelkom en gesê net soos wat uitvoermarkte vir landbouprodukte gesoek word, moet ook gekyk word na maniere om ingevoerde landbouprodukte te vervang met plaaslik geproduseerde produkte. “Ingevoerde produkte wat plaaslik geproduseer kon word, is verlore geleenthede, nie net vir groei in die plaaslike sektor nie, maar ook vir werkskepping.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.66
+0.7%
Rand - Pond
24.27
-0.0%
Rand - Euro
21.10
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.81
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,022.46
0.0%
Palladium
1,423.51
0.0%
Goud
1,946.69
0.0%
Silwer
23.32
0.0%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,404
+0.6%
Alle aandele
76,590
+0.5%
Hulpbronne 10
67,438
+0.5%
Industriële 25
106,353
+1.0%
Finansiële 15
14,654
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd is kosbaar.
Het n positiewe uitkyk op die lewe (alhoewel realisties), geniet die natuur en om staproetes te stap, kweek plante as n stokperdjie ens.
Wie nie waag nie,sal nie wen nie!
Ek is eers gemaklik as ek jou bietjie ken. Hou van die natuur en aktief wees. Positief oor die lewe en hou die minste van. Muskiete!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot