AFGRI
BEAN
26 Me
-
9774
78,00
CORN
26 Me
-
4526,4
41,40
SOYA
26 Me
-
9226
149,00
SUNS
26 Me
-
11025
155,00
WEAT
26 Me
-
7546
-20,00
WMAZ
26 Me
-
4555
43,00
YMAZ
26 Me
-
4653
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

Onteiening: TLU SA verbind hom tot internasionale regsaksie

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
TLU SA het in sy amptelike kommentaar op die voorgestelde wysiging van artikel 25 van die Grondwet beswaar teen enige wysiging aangeteken en hom tot internasionale regsaksie daaroor verbind.

Mnr. Louis Meintjes, president van TLU SA, wat gister die organisasie se standpunt opnuut bekend gemaak het, sê TLU SA stel steeds voor dat die bewoording van artikel 25 van die Grondwet onveranderd bly en geen wysiging aangebring word nie. 

“Die landbou is nie die enigste kwessie van belang wanneer dit by onteiening sonder vergoeding kom nie. Die reg op private besit – wat noodsaaklik is vir stabiliteit en belegging – is ’n onontbeerlike beginsel in die sukses van die ekonomie.

“TLU SA se visie vir Suid-Afrika is dat rykdom deur ekonomiese groei geskep word. Dit kan slegs vermag word in ’n vryemark-omgewing, waarin internasionale beleggers wil belê en waar daar geen onsekerheid oor regeringsbeleid is nie.”

TLU SA sê behalwe vir die aanslag op die ekonomie word verskeie regsgeldige beginsels met die wysiging van artikel 25 bedreig. Meintjes sê enige staat is onderhewig aan grondwetlike en internasionale regsbeginsels wat ’n land benewens die Grondwet bind.

“Hierdie gesaghebbende norme is toegespits op die minderheidsgroepe in ’n land – veral rasgedrewe minderheidsgroepe.”

Internasionale verdrae
Van die internasionale verdrae waartoe die regering verbind is, sluit in artikel 26 van die 
Internasionale Handves van Politieke Regte van 1976 wat diskriminasie op grond van ras of eiendom verbied.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) handels-en-beleggingsprotokol van 2006 bepaal ook dat alle SAOG-lande ’n gunstige omgewing vir beleggers moet skep deur “(a) beleggings nie te onteien nie, behalwe in openbare belang teen vinnige, voldoende en doeltreffende vergoeding.”

Die Romeinse Konvensie bepaal dat lande internasionale gewoonte- en verdragsreg moet toepas en die Internasionale Konvensie oor die Misdaad van Apartheid definieer die misdaad “apartheid” as enige wetgewende maatreël van een rasgroep om eiendom wat aan ’n ander rasgroep behoort, te onteien.

Meintjes sê dit is ’n fundamentele reg dat nie op grond van ras teen iemand gediskrimineer word nie. Enige wysigings aan die Grondwet wat lei tot diskriminasie teen wit eienaars sal die wettigheid van die Grondwet ondermyn.

 “Grondwetlike veranderinge wat toelaat dat die eiendom van wit eienaars deur die staat gekonfiskeer en aan ’n swart persoon gegee word, is internasionaal en grondwetlik onwettig en selfs ’n misdaad,” sê Meintjes. “Dit sal Suid-Afrika in eindelose hofsake op die nasionale en internasionale front dompel, wat dan deur die regering en belastingbetalers betaal sal moet word. 

“Indien die parlement voortgaan om die wysigings aan artikel 25 van die Grondwet te aanvaar, sal TLU SA die regte van sy lede beskerm en alle grondwetlike en internasionale maatreëls volg om dit suksesvol te doen.”

Die spertyd vir kommentaar is uitgestel tot 29 Februarie 2020 nadat verskeie belanghebbendes sedert die bekendmaking van die tydraamwerk daarteen beswaar gemaak het.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.73
+0.0%
Rand - Pond
19.82
-0.1%
Rand - Euro
16.86
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,852.59
-0.0%
Silwer
21.99
+0.0%
Palladium
2,018.96
+0.5%
Platinum
950.00
+0.2%
Brent-ruolie
114.03
+0.4%
Top-40
63,019
+2.9%
Alle aandele
69,484
+2.7%
Hulpbronne 10
76,495
+2.7%
Industriële 25
75,125
+3.3%
Finansiële 15
15,846
+2.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Liefde Respek elke dag i Voorreg vir nog i dag
Elke dag is iVoorreg met dieselfde mooi gesindheid. Die lewe is net te vinnig en te kort vir enige drama' dankie Onse Vader indi Hemel vir U Genade liefde vir nog i dag...
Vriendskap is waar romanse begin
Spontaan, eerlik, netjies, kyk na myself, liefdevol, energiek, hou van visvang, uiteet, dans, kan kos maak What you see is what you get
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot