Dit kom nadat dié parlementêre komitee besluit het dat hy bykomende mondelinge kommentaar oor die voorgestelde wysiging aan die Grondwet ten opsigte van onteiening sonder vergoeding sal aanhoor. Talle mense wat skriftelike kommentaar ingedien het, het gevra om ook mondelinge kommentaar te lewer.
Die voorlopige verslag oor die openbare sittings wat in die provinsies gehou is, dui op oorweldigende steun ten gunste van ’n grondwetlike wysiging. Dié verslag is reeds by die komitee ingedien. As deel van die proses van openbare kommentaar is skriftelike kommentaar ook ingewin.
Volgens mnr. Lewis Nzimande, medevoorsitter van die komitee, is meer as 700 000 skriftelike kommentare ontvang. Die samestellers van sowat 120 van dié kommentare het versoek om ook mondelings kommentaar te lewer.