Burger is van die departement prosesingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch.
Deesdae is die algemeenste manier om water te ontsout, ’n proses van tru-osmose deur membrane wat van poli-amiede gemaak word. ’n Goed geboude ontsoutingsaanleg sal voorsiening maak vir voorafbehandeling wat soutskaling beperk, van fyn kolloïdale materiaal ontslae raak en die groei van biologiese materiaal beperk.
As ’n ontsoutingsaanleg ontwerp word, moet ’n stelsel ingesluit word wat die membrane maklik kan skoonmaak met chemikalieë wat deur die membraanstelsel gepomp word om anorganiese soute en organiese materiaal te verwyder. Skaal maak saak by ontsoutingsaanlegte, en hoe kleiner die aanleg, hoe duurder is die water wat per kubieke meter gelewer word.