AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Oordrag tussen werkers groot Covid-19-risiko

akkreditasie
Rooi kleefband is in dié kantien van Astral Foods se Festive-verwerkingsaanleg gebruik om aan te dui hoe ver werkers van mekaar af in die tou moet staan, en dat sekere sitplekke aan die tafels oopgelaat moet word sodat werkers die korrekte afstand van mekaar af sit. Foto: Astral Foods
Rooi kleefband is in dié kantien van Astral Foods se Festive-verwerkingsaanleg gebruik om aan te dui hoe ver werkers van mekaar af in die tou moet staan, en dat sekere sitplekke aan die tafels oopgelaat moet word sodat werkers die korrekte afstand van mekaar af sit. Foto: Astral Foods
Met geen bewyse tot dusver dat ’n mens Covid-19 deur die inname van voedsel kan opdoen nie, is die oordrag van die virus tussen werkers in ’n voedselaanleg dié ondernemings se grootste risiko.

Die meeste ondernemings het reeds stelsels vir die bestuur van voedselveiligheid, maar dit is nou veral belangrik om higiënepraktyke te verskerp en dubbel seker te maak dit word nagekom, sê prof. Lucia Anelich, voedselveiligheidskenner verbonde aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie, voormalige president van die Suid-Afrikaanse vereniging vir voedselwetenskap en -tegnologie (SAAFoST) en lid van verskeie gesaghebbende internasionale wetenskaplike liggame.

Hantering van voedsel

Anelich het in ’n SAAFoST-webinaar gesê anders as bakterieë kan die virus nie in of op voedsel of op oppervlakke groei nie.

Volgens Franse owerhede is dit moontlik dat werkers wat die virus dra, dit na voedsel kan oordra as hulle nie streng higiënepraktyke volg nie.

“Hopelik sal mense met simptome van Covid-19 vroegtydig uit ’n voedselomgewing gehaal word. Asimptomatiese mense (mense wat die virus dra, maar geen simptome het nie) is egter ’n bron van kommer.”

Anelich sê Franse owerhede het ná intensiewe raadpleging met kundiges onlangs bevind dat daar geen bewyse is dat iemand wat besmette voedsel inneem, die siekte deur sy verteringskanaal sal opdoen nie, of dat iemand die virus deur besmette voedsel kan inasem nie.

Dié bevindings strook met navorsing wat gedoen is op die vorige ears-virus, (ears staan vir ernstige akute respiratoriese sindroom en die virus staan in wetenskaplike taal bekend as SARS-CoV-1), Midde-Oosterse respiratoriese sindroom (mers) en ander menslike koronavirusse.

SARS-CoV-2, soos wat die virus bekend staan wat Covid-19 veroorsaak, word dus nie as ’n voedselgedraagde virus beskou nie en Covid-19 word as ’n respiratoriese siekte geag.

Prof. Lucia Anelich
Prof. Lucia Anelich. Foto: Verskaf

Hitte en koue

Op grond van navorsing oor SARS-CoV-1 het die Franse owerhede, ook ná raadpleging met kenners en op grond van vorige navorsing oor SARS-CoV-1, gesê dat die virus waarskynlik nie sal oorleef as voedsel vir 4 minute lank teen minstens 63 °C gekook word nie.

Dit sal koue egter waarskynlik oorleef. Navorsing wat oor verskillende koronavirusse in diere gedoen is, het getoon dié virusse oorleef teen 4 °C meer as 28 dae.

Vetlagie

Anelich sê die vetlagie om SARS-CoV-2 is ’n bedekte seën vir die voedselbedryf omdat verskeie chemikalieë wat reeds in die bedryf gebruik word, doeltreffend daarteen gebruik kan word.

’n Lys daarvan is as List N op die Amerikaanse agentskap vir omgewingsbeskerming (EPA) se webwerf te vind.

Voedselondernemings volg jare lank reeds die praktyk dat werkers hul hande vir 20 sekondes met seep en water moet was.

In hoërisiko-omgewings, waar voedsel verpak word wat nie voor inname gekook gaan word nie, word ’n bykomende stap gebruik, naamlik om hande daarna met handreiniger te ontsmet wat minstens 60% alkohol bevat.

Beperk oordrag

Ondernemings kan verskeie maatreëls tref om te keer dat die virus tussen werkers oorgedra word.

By www.anelichconsulting.co.za kan hulle gratis plakkate, in Engels en Zoeloe, aflaai om werkers oor die virus en sulke voorsorgmaatreëls in te lig.

Maatreëls vir ondernemings sluit die skoonmaak en ontsmetting van voedselkontakoppervlakke in, wat nou nóg meer gereeld gedoen moet word.

Dieselfde geld oppervlakke waaraan mense gereeld vat, soos deurhandvatsels, traprelings, werkers se sluitkassies en rekenaartoetsborde.

Ander maatreëls sluit in om kontak tussen werkers van twee skofte te beperk en meer teepouses in te stel sodat minder mense op ’n keer teetyd neem.

“Beplan vir wánneer ’n werknemer met SARS-CoV-2 besmet gaan raak, nie ás nie,” is Anelich se raad. “Elke onderneming moet ’n sakevoorsettingsplan en ’n beleid, werkwyse en inhoud vir kommunikasie gereed hê. “

Maskers

Hoewel die regering mense onlangs begin aanmoedig het om gesigmaskers te dra wat hulle self uit materiaal gemaak het, sê Anelich wetenskaplike literatuur hieroor verskil redelik baie.

“Ondanks dié meningsverskille is dit raadsaam om die ‘voorsorgbeginsel’ te volg. Wikipedia verduidelik die beginsel mooi. Dit beteken ’n mens neem sekere besluite of doen sekere stappe wanneer jy voor kwessies te staan kom wat potensiële skade kan inhou, maar waaroor uitgebreide wetenskaplike kennis ontbreek.”

Die belangrikste rakende nie-chirurgiese gesigmaskers in nie-gesondheidsorgomgewings soos die voedselbedryf, is dat die dra daarvan na verwagting die moontlikheid behoort te verminder dat ’n besmette of asimptomatiese persoon die virus deur druppels na ander mense kan oordra.

“Maskers kan egter die nadelige en onbedoelde gevolg hê dat dit aan mense wat dit dra, ’n vals sin van gerustheid gee.

“Sulke mense gaan dalk nie behoorlike higiënepraktyke volg soos om hande te was en afstand vanaf ander mense te handhaaf nie, wat twee van die belangrikste praktyke is om te help om die oordrag van die virus te beperk.

“Die dra van maskers is dus nie ’n plaasvervanger hiérvoor nie, maar eerder ’n bykomende instrument in die stryd teen Covid-19,” sê Anelich.

NAVRAE: Besoek www.anelichconsulting.co.za vir nog inligting

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Kom ons kyk wat gebeur
Ek is fun(outgoing) hou van rugby, kuier saam vriende en family. Lief vir diere. Geniet om soms net te kuier by my huis en tv te kyk of musiek te luister en te daans al is dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot