AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9530
-36,00
CORN
27 Sep
-
4757,8
-50,20
SOYA
27 Sep
-
8700
-9,00
SUNS
27 Sep
-
9840
-128,00
WEAT
27 Sep
-
7050
-8,00
WMAZ
27 Sep
-
4837
-29,00
YMAZ
27 Sep
-
4770
-28,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Oos-Kaap boere se kamerastelsel help skelms vang

akkreditasie
Die kamerastelsel. Foto: Verskaf
Die kamerastelsel. Foto: Verskaf
Die polisie kon reeds talle verdagtes in hegtenis neem danksy ’n kamerastelsel wat geïnstalleer is in reaksie op die wrede aanval op mnr. Riaan Scheepers, ’n geliefde beesboer van Alexandria, in November 2017.

Scheepers is kort ná die aanval oorlede.

Luidens ’n verklaring van Agri Oos-Kaap is twee plaasaanvallers in hegtenis geneem en skuldig bevind, 11 verdagtes is weens beweerde veediefstal in hegtenis geneem en verskeie verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde goedere, ongelisensieerde vuurwapens, gesteelde voertuie en selfs winkeldiefstal.

Die kamerastelsel herken en hou rekord van voertuie se registrasienommers. Die Alexandria-landbouvereniging, waarvan Scheepers ’n lid was, het die eerste kamera in Mei 2018 op die R72-pad by die ingang van dié dorp geïnstalleer.

Sedertdien is ’n verdere 101 installasies gedoen in drie distriksmunisipaliteite dwarsoor die provinsie, met nog 29 installasies wat beplan word.

Al die kameras word deur Atlas Security gemonitor, met die samewerking van plaaslike sekuriteitsmaatskappye, deur middel van ’n diensvlakooreenkoms. Dié maatskappy se sentrale bedryfsentrum win die inligting in en werk op nasionale en plaaslike vlak saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Databasis

Mnr. Brent McNamara, Agri Oos-Kaap se bedryfsbestuurder en projekkoördineerder van die kameraprojek, sê die kamerastelsel lees al die registrasienommers wat verbykom, en dié registrasienommers word dan met ’n databasis van gesoekte of verdagte voertuie vergelyk.

“As die voertuig wat by die kamera verbygery het, op die databasis is, word ’n boodskap onmiddellik na die Atlas Security-beheerkamer gestuur. Atlas laat weet dan die plaaslike owerhede en reaksiespanne, sê in watter rigting die voertuig op pad is, en hou aan om die voertuig te volg namate hy deur die netwerk kameras in die gebied beweeg,” sê McNamara.

Die projek omvat nou 13 plaaslike munisipaliteite – onder meer die Sondagsriviervallei, Ndlambe, Makana, Raymond Mhlaba, Amahlati en Enoch Mgijima; 19 landbouverenigingsgebiede en 17 landbouverenigingsgebiede wat tans nie van deel is van die projek nie, maar wat deels voordeel trek omdat verdagte voertuie deur hul gebiede reis.

Reaksietyd

McNamara sê die kameras versamel data wat gebruik kan word om patrone van bewegings en tye op te tel, en om dit te kan kruisverwys met vorige misdade.

“Ons hoop dit sal moontlike aanvalle voorkom, asook om ’n vinniger reaksietyd en inligtingsversameling ná ’n voorval moontlik te maak, wat tot ’n hoër koers van inhegtenisnemings en skuldigbevindings sal lei,” sê McNamara.

Hy sê landelike veiligheidskomitees en distrikskomitees sal maandeliks vergader om inligting te ontleed ten einde beter misdaadbestrydingsoperasies moontlik te maak vir plaaswagte, die polisie én private sekuriteitspatrollies.

Finansiering is egter ’n beperkte faktor omdat die deelnemende boereverenigings tans die koste dra.

“Elke installasie kos sowat R70?000, en ’n verdere R2 000 per maand om te bedryf. Die totale moniteringskoste per jaar beloop R1,75 miljoen,” sê hy.

Hoewel soortgelyke stelsels op ander plekke in die land in gebruik is, vermoed McNamara die Oos-Kaap se stelsel is die grootste in sy soort in Suid-Afrika.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.5%
Rand - Pond
19.40
-0.4%
Rand - Euro
17.31
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.67
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,636.52
+0.9%
Silwer
18.62
+1.5%
Palladium
2,055.50
+0.6%
Platinum
863.00
+1.2%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,262
-0.1%
Alle aandele
63,626
0.0%
Hulpbronne 10
55,942
-0.5%
Industriële 25
79,376
-0.2%
Finansiële 15
14,091
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot