AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8110
0,00
CORN
28 Jan
-
3783
0,00
SOYA
28 Jan
-
8290
0,00
SUNS
28 Jan
-
10990
0,00
WEAT
28 Jan
-
5908
0,00
WMAZ
28 Jan
-
3620
0,00
YMAZ
28 Jan
-
3765
0,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Oos-Kaapse melkboer vermoor in plaasaanval

akkreditasie
Wyle mnr. Werner Büchner. Foto: LBW-argief
Wyle mnr. Werner Büchner. Foto: LBW-argief
Drie verdagtes word gesoek na ’n bekende melkboer van die Oos-Kaap gisteraand tydens ’n plaasaanval vermoor is.

’n Vooraanstaande melkboer van die Oos-Kaap is gisteraand tydens ’n plaasaanval vermoor.

Luidens ’n verklaring wat Agri Oos-Kaap uitgereik het, is mnr. Werner Büchner (55), sy vrou, Estelle, en hul seun, Werner jr., in hul huis op die plaas Boslaagte naby Nanaga in die distrik Sarah Baartman deur drie gewapende mans aangeval.

Werner sr. is in die rug geskiet en hy is op die toneel dood. Werner jr. is ook raakgeskiet. Estelle het probeer om haar man en seun met haar eie liggaam te beskerm. Die aanvallers het haar aangerand en albei haar arms gebreek.

Volgens Agri Oos-Kaap het Estelle hulp ontbied waarna die plaaslike boeregemeenskap en belanghebbendes dadelik gereageer het.

Estelle en Werner jr. is albei na ’n hospitaal in Gqeberha geneem waar Werner jr. ’n operasie moes ondergaan. Hy is in ’n stabiele toestand.

Volgens Agri Oos-Kaap is die rede vir die aanval onbekend. Al wat tydens die aanval gesteel is, is twee selfone en ’n onbekende bedrag geld.

Die aanvallers is nog op vrye voete. Die honde-eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander eenhede is meer ontplooi om by te staan met die soektog.

Agri Oos-Kaap bedank die plaaslike gemeenskap wat dadelik gereageer het op die noodoproep. Hy loof die beheerde manier waarop die noodprosedures in werking gestel is.

Werner sr. was ’n bekende in die melkbedryf. Hy was voorsitter van Clover Industries voordat die afdeling van Clover ontbondel is. Hy was onder meer die jongste voorsitter van dié maatskappy. Hy het ook die Nanaga Farming Trust saam met drie ander boere gestig.

Mnr. Piet Mey, VF Plus-LP en provinsiale leier in die Oos-Kaap, sê Buchner se afsterwe laat ’n groot leemte in die landboubedryf.

Hy sê plaasaanvalle en -moorde soos dié moet voor die deur van die ANC-regering gelê word aangesien dié soort misdaad tot ’n groot mate beperk kan word indien spesialiseenhede teen plaasaanvalle op die been gebring word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.59
-0.8%
Rand - Pond
20.89
-0.0%
Rand - Euro
17.38
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Goud
1,791.82
0.0%
Silwer
22.47
0.0%
Palladium
2,379.00
0.0%
Platinum
1,016.00
0.0%
Brent-ruolie
90.03
+0.8%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot