Dié soektog het haar ook op die spoor gesit van die geskiedenis van Friesbeeste se aankoms in Suid-Afrika.
En so begin ’n reis waarvan die saadjie jare gelede as jong meisie geplant is, verlede week vanaf Kaapstad uiteindelik vir me. Froukje Santing.
Haar soeke na meer inligting oor haar oupa het juis as jong meisie op die solder van haar ouma se huis begin toe sy ’n boek oor die Anglo-Boereoorlog gevind het. Sy het geweet haar oupa het na Suid-Afrika gereis en iewers het die wonder begin ontstaan of hy dalk saam met die boere teen die Engelse kom veg het.