
Op dié jaarlikse internasionale handelskou word die nuutste innovering, neigings, produkte en dienste oor die hele varsprodukte-waardeketting ten toon gestel.
Me. Londiwe Thabethe, bestuurder van landbou-ekonomiese dienste by die Wes-Kaapse departement van landbou, sê luidens ’n verklaring Fruit Logistica bied ’n uitstekende platform om alle aspekte van die waardeketting ten toon te stel, saketransaksies te inisieer en netwerke uit te bou.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, beskryf die vrugteboere en landbouwerker as krygers van hoop. “Die vier swart boere en mnr. Nigel Klaasen inspireer die sektor. Hulle is hardwerkend en vindingryk. Hulle is ’n voorbeeld van wat nodig is om die Wes-Kaap se besigheidsmededingendheid, investering, groei, werksbewaring, werkskepping, instandhouding en groei te verbeter vir uitvoergeleenthede.”
Ambraal boer met appels, pere en pruime op die plaas Dwarsberg in die distrik Ceres. “As ’n swart kleinboer het Fruit Logistica vir my ’n wêreld oopgemaak. Ek het die wêreld van uitvoer, van die boord tot die rak, onder een dak ervaar.”
Volgens Klaase, wat met met tafeldruiwe en mango’s by Clanwilliam boer, was die reis na Duitsland baie interessant aangesien hy nooit die geleentheid gehad het om dit te verken nie. “Ek het op my eerste dag hoofsaaklik daarop gekonsentreer om verskeie stalletjies te besigtig en met uitstallers te skakel om nuwe en bestaande neigings in die varsprodukte-voorsieningsketting te leer. Ek het ook geleer dat soveel belanghebbendes in verskeie stadiums van die varsproduktevoorsieningsketting betrokke is.”
Klaasen het die toer as ’n lewensveranderende en leersame ervaring beskou. “Dit het my laat besef hoe mededingend die wêreldwye varsprodukte-waardeketting is. Ek het ook geleer hoe belangrik dit is om markaandeel te verbeter deur relevant te bly met die nuutste neigings en tegnologie.”
Meyer het gesê die Wes-Kaap is Suid-Afrika se voorste uitvoerder van primêre landbouprodukte. “Die studietoer bevestig ons verbintenis tot uitvoergroei en werkskepping in die Wes-Kaap, aangesien dit verdere geleenthede vir Wes-Kaapse boere ontsluit.”
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.