Volgens mnr. Hannes Maree, assistent-direkteur vir grondverkryging in die departement van polisie, paaie en vervoer in die Vrystaat, word provinsiale paaie in die Vrystaat ingevolge die Paaie Ordinans van 1968 bestuur. Dit beteken ’n lid van die uitvoerende raad is verantwoordelik vir die oorsig en beheer van provinsiale paaie in die Vrystaat.
“Dit beteken dus dat geen persoon toegelaat word om aan ’n provinsiale pad te werk sonder dat die nodige toestemming verkry is nie.” Selfs kontrakteurs wat aan die paaie werk, moet aan die regulasies voldoen.
Hy glo soortgelyke wetgewing sal in ander provinsies geld.