AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9088
0,00
CORN
29 Nov
-
4478
0,00
SOYA
29 Nov
-
10270
0,00
SUNS
29 Nov
-
11308
0,00
WEAT
29 Nov
-
6694
0,00
WMAZ
29 Nov
-
5387
0,00
YMAZ
29 Nov
-
5111
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Paaie in VS kos boere miljoene

akkreditasie
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Meer as R6 miljoen. Dís hoeveel Vrystaatse boere vanjaar reeds moes opdok om provinsiale en munisipale paaie te herstel.

’n Opname onder lede van Vrystaat Landbou (VL) het dié syfer opgelewer, maar volgens mnr. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, is dit konserwatief bereken.

“Die syfer van R6 miljoen is minder as die werklike koste wat aangegaan is. Daar is baie werk aan paaie deur boere gedoen wat waarskynlik nie eens aangemeld is nie.”

As geleentheidskoste, produksietydsverliese, slytasie op toerusting en voertuigherstelwerk bygereken word, is die bedrag veel hoër.

Hy sê VL se regspan ondersoek tans moontlike regstappe om die landbougemeenskap se regte te beskerm en dienslewering te verseker. “Die algemene agteruitgang van die provinsie se padinfrastruktuur belemmer nie net die toeganklikheid na arbeid en die lewering van produkte nie. Die toestand van die provinsie se paaie het ook ’n lewensgevaarlike risiko geword, weens talle ongelukke.”

VL meen die situasie is die ergste in die noordoostelike dele van die provinsie. Só is daar in die Thabo Mofutsanyana-distrik ’n groep van vyf boere wat jaarliks gesamentlik meer as R1 miljoen bestee om die paaie wat hulle gebruik, begaanbaar te hou. As hulle dit nie doen nie, sou hulle geen produkte aan markte kon lewer nie.

Briewe is al herhaaldelik met LUR’e en ministers gewissel om die strukturele probleem in die departement aan te pak, maar sonder sukses, sê Wilken.

Projek kom tot stilstand

In Maart vanjaar het ’n burgerlike gemeenskapsforum, Sechaba sa Ficksburg, in protesoptrede die Vrystaatse LUR van paaie, mnr. Sam Mashinini, gedwing om met sy duur ampsmotor oor een van die gehawendste paaie in die distrik Ficksburg te ry sodat hy self kan sien hoe daaglikse gebruikers van die pad sukkel en skade ly. Hierna het die department begin om dié verbrokkelde teerpad weer tot ’n gruispad te skraap en om slaggate op die R26 na Bethlehem te herstel.

Volgens mnr. Friedl von Maltitz, boer in die distrik en woordvoerder vir die protesaksie, het alles sedertdien tot stilstand geknars. “Ons kry nie terugvoer oor die begroting of die beplanning nie. Volgens ons ooreenkoms met die LUR was ons veronderstel om dit saam aan te pak. Die departement werk op die oomblik nie veel aan die paaie in die provinsie nie en ek vermoed in die Vrystaat is die rede hiervoor dat die tekort in die begroting nie werk nou toelaat nie.”

Von Maltitz sê boere sukkel veral in strooptyd. “Die lorries wat die graan na die silo’s aanry, moet stadiger ry as gevolg van die swak paaie, en hoe stadiger hulle moet ry, hoe langer duur dit om klaar te stroop.”

Die instandhouding van bande, skokbrekers en vere op hul plaasvoertuie en vragmotors kos ook ’n aardige bedrag. “As ’n 30 ton-vragmotor met ’n volgelaaide vrag al daardie slaggate tref, rig dit baie skade aan en dis ’n uitgawe wat elke jaar net groter word.”

Nasionale padnetwerk

’n Verslag deur die raadgewende firma Frost & Sullivan wat sowat drie weke gelede uitgereik is, toon dat meer as die helfte (54%) van Suid-Afrika se ongeteerde padnetwerk en 30% van die geteerde paaie in ’n swak tot baie swak toestand is.

Sanral, die Suid-Afrikaanse nasionale padagentskap, is verantwoordelik vir alle hoofroetes. Provinsiale paaie-departemente moet die streeksroetes onderhou, terwyl munisipaliteite die kleiner stedelike paaie onderhou. Die meeste van die provinsiale finansiering kom uit die nasionale begroting in die vorm van die provinsiale padonderhoudstoelae.

“Die provinsiale paaie se toestand gaan sedert die vroeë 1990’s geleidelik agteruit weens verskeie redes, onder meer die inkorting van toewysings uit begrotings en al hoe minder padbouprojekte wat deur die staat aangepak word,” lui Frost & Sullivan se verslag.

Die verslag het bevind dat die Oos-Kaap, Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes die meeste sukkel om hul padnetwerke te onderhou.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
+0.5%
Rand - Pond
20.53
-0.0%
Rand - Euro
17.75
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.46
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,753.43
+0.7%
Silwer
21.32
+1.9%
Palladium
1,874.09
+1.4%
Platinum
1,006.50
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,994
0.0%
Alle aandele
73,368
0.0%
Hulpbronne 10
70,795
0.0%
Industriële 25
88,376
0.0%
Finansiële 15
16,389
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot