AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Paaie van die dood – Agri SA begin nasionale veldtog

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die pad tussen Groblersdal en Stoffberg is al meer as tien jaar bykans onbegaanbaar. Foto: Jasper Raats
Die pad tussen Groblersdal en Stoffberg is al meer as tien jaar bykans onbegaanbaar. Foto: Jasper Raats
Volgens ’n steekproef uit ’n verslag van Agri SA lyk dit of kommersiële boere self die afgelope boekjaar minstens R6 miljard vir herstelwerk en ander koste moes opdok.

Met die bekendstelling van die verslag oor die toestand van provinsiale en plaaslike paaie in die onderskeie provinsies, het Agri SA ’n nasionale veldtog begin om owerhede op alle vlakke oor die erns van die situasie in te lig.

Altesaam 311 landbou-ondernemings het aan die ondersoek deelgeneem, waarvan net 2 nie probleme met swak paaie ondervind het nie. Hulle het aangedui dat hulle gemiddeld sowat R200 000 per deelnemer se skade weens swak paaie moes betaal en daarby het elkeen ’n gemiddelde verlies van 16% in omset in die boekjaar gehad weens probleme met die vervoer van landbouprodukte op die swak paaie.

“Paaie is van deurslaggewende belang vir voedselsekerheid,” het mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, gesê. “Dit is die ekonomiese are wat nodig is om goedere van plase na markte en van markte tot by verbruikers te bring. Daarby is dit van deurslaggewende belang vir die ontwikkeling van landelike gemeenskappe, om beleggings na landelike gebiede te bring, werk te skep en armoede te verlig.”

Mnr. Kulani Siweya, hoofekonoom van Agri SA, het daarop gewys dat gemiddeld sowat 94% van die deelnemers se produkte padlangs vervoer is. Die gemiddelde waarde van hierdie produkte was sowat R23 miljoen per deelnemer en 69% van die deelnemers het aangedui dat hulle verplig was om self herstelwerk aan paaie te doen om dit begaanbaar te hou.

“Die landbousektor dra reeds sowat R128 miljard tot die bruto binnelandse produk by en daar is die potensiaal om dit te verhoog, maar dit is nie moontlik as daar nie dringende aandag aan die verbetering van vervoerinfrastruktuur geskenk word nie. Agri SA sal sy data oor die ondersoek met pres. Cyril Ramaphosa en die regering deel en staan gereed om met die regering saam te werk ter wille van voedselsekerheid in Suid-Afrika.”

Vyf provinsies

Die ondersoek is veral in die vyf provinsies met die swakste paaie gedoen en van die provinsiale landbouleiers het self terugvoer verskaf. Dr. Jack Armour, bedryfshoof van Vrystaat Landbou, het gesê paaie in die provinsie is in die algemeen in ’n swak tot baie swak toestand en voldoen nie aan aanvaarbare standaarde nie. Al die probleme word toegeskryf aan swak en onvoldoende onderhoudswerk. “Die paaie is onveilig en die kans op ongelukke, beserings en lewensverlies is groot. Die swak toestand van paaie lei ook tot skade aan voertuie, goedere en toerusting.”

Hy het gesê van die grootste probleme is dat die begroting veels te klein is om die agterstand met onderhoudswerk in te haal en dat 68% van die salarisse aan bestuurders gaan met net 32% vir werkers. Ingenieurs het in 2020 bereken dat daar R23 miljard nodig sal wees om die provinsie se paaie in ’n geskikte toestand te kry. Hiervan sal R20 miljard aan die algehele herbou van paaie bestee moet word.

R719, Wesselsbron en Bultfontein, paaie
'n Vragmotor probeer om slaggate mis te ry op die R719 tussen Wesselsbron en Bultfontein in April 2022. Foto: Vida Booysen

Me. Deidre Carter, uitvoerende hoof van Agri Limpopo, het gesê die toestand van paaie en die invloed op die landbou het katastrofiese afmetings bereik. Vervoermaatskapye wil nie meer Bosveldboerderye help nie. Tiger Brands het byvoorbeeld sy Alldays-depot gesluit, wat tot ’n afname van 3 000 ton in die produksie tamaties gelei het.

Limpopo paaie
'n Waterpyp wat gebreek het op die R572 tussen Alldays, Swartwater en Maasstroom in Limpopo: Foto: Verskaf deur Agri Limpopo
Limpopo paaie
Die R572 tussen Alldays, Swartwater en Maasstroom in Limpopo: Foto: Verskaf deur Agri Limpopo
Limpopo paaie
Die R572 tussen Alldays, Swartwater en Maasstroom in Limpopo: Foto: Verskaf deur Agri Limpopo

In ’n opname in KwaZulu-Natal het 76% van respondente aangedui dat die paaie in hul omgewing in ’n baie swak toestand is, het me. Sandy La Marque, uitvoerende hoof van Kwanalu, gesê. Waar wel onderhoudswerk gedoen is, het 79% van die respondente aangedui dat dit baie swak gedoen is.

Sy het gesê dit is nie net die landbou wat van hierdie gevaarlike paaie afhanklik is nie. Dit is ook handels-, skool- en toerismeroetes. Kwanalu is ’n voorstander van ’n proaktiewe, gemeenskapsgebasseerde benadering om die probleem aan te pak.

Om boere se afhanklikheid van padvervoer te illustreer, het mnr. Lion du Plessis, visepresident van Mpumalanga Landbou se Hoëveldstreek, daarop gewys dat die verwagte mielie-oes in die provinsie 3,4 miljoen ton is. Hierdie mielies sal oor die volgende drie maande deur sowat 170 000 vragmotors of waens van plase af vervoer moet word. Dan sluit dit geen ander produksie soos vee, hoenders en suiker in nie wat ’n verdere 25 000 vragte behels.

Wat suiker betref, het dr. Mohammad Kadwa, bestuurder van nywerheidsaangeleenthede van die SA Rietkwekersvereniging, gesê dat daar hierdie seisoen 19 miljoen ton suikerriet geproduseer is, waarvan 95% padlangs na meulens vervoer sal word. Altesaam 25 miljoen km moet afgelê word net om die suikerriet tot by die meulens te vervoer.

TLU SA se veldtog

TLU SA sê hy is dankbaar vir die klem wat Agri SA op die swak toestand van die paaie plaas en die uiters volledige verslag deur Agri SA sal van groot waarde sal wees. “Ons versoek ook alle ander landbou-organisasies, nywerhede en padvervoeragentskappe om toe te tree tot die stryd om die reuse-probleem te takel,” sê mnr. Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder.

“Boere ly groot skade aan hul voertuie en produkte wat by die markte moet uitkom, om die volk te voed. Die haglike toestand van paaie bring dus boere se vermoë om kos op mense se tafel te kry, in gedrang. Daar is selfs vervoerkontrakteurs wat weens die toestand van paaie weier om spesifieke paaie te gebruik, terwyl ander kontrakteurs hul tariewe verhoog.”

TLU SA het verlede maand met ’n veldtog begin om druk op die regte partye te plaas om die iets aan die haglike toestand van paaie te begin doen, sê hy. Om betrokke te raak vra TLU SA dat Suid-Afrikaners die veldtogblad besoek (https://tluveldtogte.co.za/paaie/) en hul stemme tot die koor van stemme voeg wat roep vir verandering en optrede deur die regering.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot