AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Panama-siekte versprei by piesangs

Die gevreesde Panama-siekte is in nóg ’n piesang-plantasie by Tzaneen aangetref.

Die gevreesde Panama-siekte, ’n fusarium-verwelking by piesangs, is onlangs in nóg ’n piesang-plantasie naby Tzaneen in Mpumalanga aangetref.

Hoewel dit nie die heftige, kwaadaardige tropiese ras, die FOC-TR4, van Panama-siekte is wat vroeër vanjaar in Mosambiek kop uitgesteek het nie, is daar steeds rede tot kommer, meen dr. John Robinson, ’n konsultant in die piesangbedryf.

Die besmette bome is reeds in April 2014 in ’n 14-jarige plantasie deur werknemers van die Merensky Hoërskool se plaas gewaar. Teen Augustus 2014 is me. Jacolene Meyer van DuRoi Quality Management Services in Letsitele gekontak en sy het plantmateriaal na prof. Altus Viljoen van die Universiteit van Stellenboesch se plantpatologie departement gestuur.

Viljoen het toe bevestig dat die bome deur die subtropiese ras van Panama-siekte, FOC-STR4, besmet is. Dit is die einste ras wat al vir ’n geruime tyd in die KwaZulu-Natalse suidkus asook die Kiepersol-omgewing van Mpumalanga voorkom.

“Tot op hede het hierdie infeksie nog verder as die aanvanklike kol versprei nie, maar die plaas se werknemers en die hele Tzaneen se piesangboere is ingelig en opgelei om die simptome van die siekte te identifiseer en om enige bome onder verdenking spoedig te rapporteer,” sê Robinson.

Die siekte veroorsaak groot verliese aangesien die besmette bome vinnig sterf en daardie stuk grond nooit weer vir piesang-produksie aangewend kan word nie. “Die spore van FOC-STR4 oorleef vir meer as 20 jaar in die grond. Sodra daar ’n vatbare piesang-wortel in die grond is, sal die spore ontkiem en die bome sal infekteer word en vrek,” verduidelik dr. Robinson.

Die siekte kan nie met wind, insekte of voëls versprei word nie en is ’n grondgedraagde siekte. “Slegs deur erosie en die verspreiding van besmette plant materiaal kan hierdie siekte van een perseel na ’n volgende oorgedra word. Dit is dus uiters noodsaaklik dat boere besmetting teen alle koste verhoed,” sê Robinson.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot