AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Pandemie dwing slaghuise om op hul voete te dink

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die ontvangers van die nasionale Cleaver-toekennings is mnre. Deon van Vuuren (Saveway Superspar, Witbank), Eloff du Toit (Kings Meat Deli Castle Walk, Erasmuskloof in Pretoria), Clayton Lombard (Bluff Meat Supply, Beachweg, Durban), Walter Rossouw (Impala Vleis, Brits) en José de Klerk (West End Vleismark, Kimberley). Franks Meat Mall in Middelburg, Mpumalanga, se verteenwoordiger is afwesig op die foto. Foto: Yolanda van der Stoep
Die ontvangers van die nasionale Cleaver-toekennings is mnre. Deon van Vuuren (Saveway Superspar, Witbank), Eloff du Toit (Kings Meat Deli Castle Walk, Erasmuskloof in Pretoria), Clayton Lombard (Bluff Meat Supply, Beachweg, Durban), Walter Rossouw (Impala Vleis, Brits) en José de Klerk (West End Vleismark, Kimberley). Franks Meat Mall in Middelburg, Mpumalanga, se verteenwoordiger is afwesig op die foto. Foto: Yolanda van der Stoep
Suid-Afrika se slaghuise moes weens inperkings, veranderinge in vraag en verskuiwings in verbruikersgedrag toenemend vlugvoetig word.

Sommige slaghuise moes die afgelope 24 maande hul benaderings verander en voorsiening maak vir nuwe maniere van sake doen, het mnr. Dewald Olivier, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, op die 17de jaarlikse Cleaver-toekenningsgeleentheid in Kempton Park gesê.

Hoewel van die slaghuise hard deur die pandemie getref is, bevestig vanjaar se toekennings opnuut hul waarde. Dit wys ook dat die rooivleisbedryf, ondanks verskeie struikelblokke die afgelope twee jaar, steeds kragtig is.

Olivier het gesê die bedryf ondergaan groot veranderinge, onder meer rakende sy statutêre heffing, en wil seker maak dat hy voortdurend verander en sy aandag toespits op die kwessies wat die belangrikste is.

Die verskillende organisasies wat onder andere boere, voerkrale en slagplase se belange dien, stig as deel van die proses ’n dienstemaatskappy wat hom tot groot mate sal toespits op die bevordering van diere- en openbare gesondheid. Olivier het gesê dit gaan uiteindelik oor die veiligheid en verkoopbaarheid van die produk. “Ons wil ’n produk op rak sit wat met die beste ter wêreld meeding.”

Vanjaar se wenners

Die Cleaver-toekennings is ’n inisiatief van die rooivleisbedryfsforum. Slaghuise word beoordeel aan gehalte, diens, higiëne en waarde vir geld. Nadat hulle ingeskryf het, bring verbruikers hul stemme uit. Alle slaghuise wat meer as 100 stemme kry, word dan anoniem deur die Suid-Afrikaanse vleisbedryfsmaatskappy (Samic) geoudit, volgens ’n uitgebreide lys met 212 punte.

Vanjaar se wenner-slaghuise toon verskeie gemeenskaplike eienskappe, soos opleiding en opheffing van personeel, ’n passie vir besigheid, en verbruikersingesteldheid.

Kings Meat Deli Castle Walk in Erasmuskloof, Pretoria, het op nasionale vlak die platinum prys gekry vir slaghuise met vier en meer kasregisters en Impala Vleis in Brits die goue prys.

Franks Meat Mall in Middelburg, Mpumalanga, is met die platinum prys in die kategorie vir slaghuise met tot drie kasregisters vereer en West End-vleismark in Kimberley met die goue prys.

In die kategorie vir vleismarkte het Bluff Meat Supply in Beachweg, Durban, platinum verower en Saveway SuperSpar in eMalahleni (Witbank) goud.

Die provinsiale wenners is:

Gauteng

- Vier kasregisters en meer: Boma-vleismark in Moreletapark, Pretoria (platinum), Forsmay Moslem-slaghuis in Fordsburg (goud) en Meat World in Elarduspark, Pretoria (goud).

- Tot drie kasregisters: Delft-slaghuis en -deli, in Randpark Ridge, Randburg (platinum).

- Vleismarkte: Uitkyk-vleis-en-supermark in Silverton, Pretoria (platinum) en Pick n Pay Family Store in Brackenhurst (goud).

Noordwes

- Vier kasregisters of meer: Vision Meat in Klerksdorp (platinum).

Mpumalanga

-         Tot drie kasregisters: Franks Meat in die sentrale sakekern van Middelburg (platinum).

-         Vleismark: Komatipoort SuperSpar (platinum).

Vrystaat

-         Vier kasregisters en meer: Fredilia Meat in Welkom (platinum).

-         Tot drie kasregisters: Tevrede Vleismark in Memel (platinum).

Oos-Kaap

-         Vier kasregisters en meer: Cuyler-slaghuis in Uitenhage (platinum).

-         Vleismarkte: Levivale SuperSpar in Uitenhage (platinum), Swartkops Spar in Port Elizabeth (platinum) en Debi Lee SuperSpar in Oos-Londen (goud).

Wes-Kaap

-         Tot drie kasregisters: Hartenbos-slaghuis (platinum) en Darling-vleismark (goud).

KwaZulu-Natal

-         Vier kasregisters en meer: Michael Frey’s Fresh Meat in Margate (platinum), Bluff Meat Supply in Pietermaritzburg (goud).

-         Vleismarkte: Bluff Meat Supply in Richardsbaai (platinum) en Bluff Meat Supply in Pinetown (goud).

Limpopo

-         Vier kasregisters en meer: Vleislapa Marshallstraat in Polokwane (platinum).

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
-0.5%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot