AFGRI
BEAN
23 Me
-
9010
27,00
CORN
23 Me
-
4896
10,00
SOYA
23 Me
-
9180
45,00
SUNS
23 Me
-
11244
149,00
WEAT
23 Me
-
8304
93,00
WMAZ
23 Me
-
4666
35,00
YMAZ
23 Me
-
4741
-6,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

Paraatheid en reën rem misdaad oor feesseisoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die toenemende voorkoms van moniteringskameras in Suid-Afrika se landelike gebiede was glo een van die belangrikste afskrikmiddels vir misdadigheid gedurende die jongste feestyd. Foto: Johan Norval
Die toenemende voorkoms van moniteringskameras in Suid-Afrika se landelike gebiede was glo een van die belangrikste afskrikmiddels vir misdadigheid gedurende die jongste feestyd. Foto: Johan Norval
Leiers van agt van Agri Suid-Afrika se nege provinsiale lede-organisasies het hul verligting uitgespreek dat hul onderskeie boerderygemeenskappe geen, of baie min, plaasaanvalle of ernstige rooftogte gedurende die feestyd ervaar het.

Ernstige misdaad in boerderygemeenskappe het in die jongste feestyd merkbaar afgeneem teenoor onlangse jare, luidens voorlopige verslae. Bronne in die georganiseerde landbou skryf dit toe aan beter paraatheid deur boeregemeenskappe, groter pogings deur plaaslike polisie in sommige gebiede, en selfs die swaar reën oor dele van Suid-Afrika.

Leiers van agt van Agri Suid-Afrika se nege provinsiale lede-organisasies het hul verligting uitgespreek dat hul onderskeie boerderygemeenskappe geen, of baie min, plaasaanvalle of ernstige rooftogte gedurende die feestyd ervaar het. Agri Limpopo het teen druktyd nog nie op Landbouweekblad se navrae gereageer nie.Byna al die verteenwoordigers met wie Landbouweekblad gepraat het, het gesê hulle glo dat landelike misdaad in die feestyd grootliks afgeneem het vanweë faktore soos wydverspreide sekuriteitskameranetwerke, verhoogde waaksaamheid en beskerming op plase, en verbeterde verhoudings tussen boere en private sekuriteitsmaatskappye en, in sommige gevalle, plaaslike polisie.

Mnr. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, het gesê dat swaar reënval gedurende die afgelope feestyd waarskynlik misdaad in die Vrystaat teengewerk het. Vol riviere, modderige lande en veld, en verspoelde paaie sou misdaad moeilik gemaak het.

Dit was egter ongelukkig nie net goeie nuus wat misdaad betref nie. 

Mnr. Robert Davel, uitvoerende hoof van Mpumalanga Landbou, het gesê ’n besonder ontstellende misdaad in Mpumalanga gedurende hierdie tydperk was ’n hoogs georganiseerde rooftog op die Zonnebloem Boerdery naby Middelburg. 

Die landboubesigheid se sekuriteitswagte is glo aangehou terwyl die misdadigers hul eie vragmotors gebruik om swaardiens-plaassleepwaens, plaasvoertuie, verskeie boerderywerktuie en werkswinkeltoerusting, en R300 000 kontant te steel. Die waarde van die gesteelde toerusting en kontant is glo meer as R3 miljoen.

Mnr. Naudé Pienaar, adjunkhoofbestuurder van Agri Noordwes, het gesê dat hy voorlopige verslae ontvang het van twee inbrake op plase tussen Kersfees en Nuwejaar. Hoewel dit aansienlik minder was teenoor die ooreenstemmende tydperk die afgelope jare, sê Naudé een misdaadvoorval is steeds een te veel.

Veediefstal – vir potslag en diefstal deur sindikate – het ’n probleem in die meeste provinsies gebly. Slagoffers het gewissel van klein- tot grootskaalse vee-eienaars.

Mnr. Joe Scholtz, hoof van Agri Noord-Kaap se afdeling vir landelike veiligheid en veediefstal, het gesê benewens die diefstal van vee en vars produkte is dit ook kommerwekkend dat daar ’n toename in onwettige jag met honde en die onwettige oes en handel in beskermde vetplante plaasgevind het.

Vandalisme en diefstal van landelike infrastruktuur, soos kraglyne en selfoontorings, gedurende die afgelope feestyd was ’n algemene klagte onder talle provinsiale verteenwoordigers van die georganiseerde landbou.

Mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het gesê net voor Kersfees het diefstal van Eskom-kabels in die Weskus-streek kragonderbrekings veroorsaak. Dit is ’n voortdurende kwessie wat aangepak sal moet word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.75
+0.6%
Rand - Pond
19.80
+0.2%
Rand - Euro
16.80
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.18
+0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,850.67
+0.2%
Silwer
21.75
-0.0%
Palladium
2,002.53
+1.7%
Platinum
959.50
+0.1%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,788
+1.3%
Alle aandele
68,367
+1.2%
Hulpbronne 10
74,616
+2.9%
Industriële 25
73,018
+0.1%
Finansiële 15
15,916
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Professionele man soek n vrou om saam die wereld te verken.
Ek is net n plesier, lag altyd, intelligent, professioneel, n vlieenier, seiljagvaarder, skubaduiker en baie romanties. Drie seuns bly en werk oorsee en is die stigter en hoof...
Hoopvol
Ek is n enkel ma van 3. Nog nooit getroud. Ek is mal oor dans, braai, rugby kyk, tyd saam familie. Ek hou ook van movies kyk en rustig wees by die huis.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot