AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Parasiete en vergiftiging eis tol by vee

Die welkome reën het ook sy kwota probleme vir veeboerdery gebring, sê dr. Faffa Malan, veearts.

Baie beeste, skape en bokke het die afgelope tyd gevrek weens parasiete wat met die koms van die somerreëns toeneem, terwyl baie vee ook deur gifplante en chemiese middels vergiftig is, volgens die November-verslag van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).

Dr. Faffa Malan, bestuurder van die vereniging, sê inwendige parasiete floreer wanneer dit goed reën en talle veevrektes het reeds voorgekom, veral weens haarwurms, waarvan die kliniese tekens bloedarmoede, kwakkeel, gewigverlies en maagwerking is.

Uitwendige parasiete

Net so neem uitwendige parasiete se getalle ook in die reëntyd toe. Hierdie parasiete dra siektes soos Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater, galsiekte en knopvelsiekte oor. Boere moet hul vee inent om dié siektes te voorkom.

Die bontpootbosluise dra 'n gif aan die vee oor wat sweetsiekte en ernstige wonde veroorsaak, wat met spykerwurms besmet word.

Weerstand by bloubosluise teen bosluismiddels neem toe. Veeartse kan raad gee om dit te voorkom.

Insekoordraagbare siektes

Malan sê boere moenie nalaat om hul vee teen insekoordraagbare siektes in te ent nie. Weens goeie reën wat reeds wyd voorkom, neem insekgetalle ook toe, wat die draers van menige siekte is. Die eerste gevalle van bloutong in skape is ook reeds aangemeld.

Geslagsiektes

Trichomonose woed steeds voort, maar daar is nog boere wat nie genoeg aandag gee nie. Nuwe gevalle word maandeliks deur veeartse aangemeld. Uitbrekings kan met goeie biosekerheid voorkom word, soos om bulle slegs by boere te koop wat sélf goeie biosekerheid handhaaf. Maak seker hekke en heinings is in 'n goeie toestand om ‘n boer se vee binne en vreemde vee uit te hou.

Virussiektes

Daar is geen behandeling vir virussiektes nie. Daarom moet veeboere hul vee inent. Daar is egter geen entstof vir snotsiekte nie. Die dodelike virus wat dit veroorsaak, word met wildebeeste verbind, hoewel daar ook ‘n stam is wat skape aansteek. Wildebeeste skei veral die virus af wanneer die koeie hul kalwers speen en in die jagseisoen wanneer wildebeeste gespanne is. 'n Veearts kan raad gee.

Vergiftiging

Gifplante is gewoonlik groener as die natuurlike velweiding en boere moet hul van dié plante vergewis, asook wat die tekens is wanneer vee dit inkry. Vergiftiging weens tulpe is die grootste oorsaak van vrektes weens vergiftiging. Kry méér inligting in die rubriek Vra vir Faffa op hierdie webwerf.

Ureumvergiftiging het die afgelope tyd onder vee toegeneem, wat 'n bestuursprobleem is. Daarom moet boere die instruksies noukeurig lees en seker maak die dosis is korrek.

Malan sê vergiftiging met chemiese middels word elke maand deur veeartse aangemeld en groot veeverliese kom voor. Gedurende Oktober het méér as 19 beeste weens vergiftiging met sinkfosfaat gevrek.

RuVASA se verslag (sien tabel hieronder) word maandeliks opgestel uit inligting wat van veeartspraktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig oor die voorkoms van siektes, maar veral om siektes wat in hul gebied voorkom of kan voorkom, voorkomend te bestry en te let op diere wat met siektes en parasiete ingekoop word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot