AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8110
0,00
CORN
28 Jan
-
3783
0,00
SOYA
28 Jan
-
8290
0,00
SUNS
28 Jan
-
10990
0,00
WEAT
28 Jan
-
5908
0,00
WMAZ
28 Jan
-
3620
0,00
YMAZ
28 Jan
-
3765
0,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Pieter-Steph du Toit: “Ek het nog nooit só iets gesien”

akkreditasie
Mnre. Piet du Toit, Gerrit van Vuuren (mede-stigter van die Witzenberg-PALS-inisiatief) en Pieter-Steph du Toit. Foto: Liza Bohlmann
Mnre. Piet du Toit, Gerrit van Vuuren (mede-stigter van die Witzenberg-PALS-inisiatief) en Pieter-Steph du Toit. Foto: Liza Bohlmann
Die een aspek wat hom die meeste opgeval het tydens die Springbokke se toer na verskeie stede in Suid-Afrika nadat hulle die rugby-Wêreldbekertoernooi gewen het, is dat dit duidelik is dat Suid-Afrika se mense na mekaar omsien.

Só het Pieter-Steph du Toit, Springbokflank en die Wêreldrugbyspeler van die Jaar, tydens die Landbouweekblad-PALS-grondsimposium gesê.

Du Toit het gesê wanneer die bus deur die townships beweeg het, was dit aangrypend om te sien in watter armoede derduisende Suid-Afrikaners leef, maar dit was ook bemoedigend om juis dié mense se absolute vreugde te ervaar oor die Springbokke wat die Wêreldbeker gewen het.

“Op een dorp het ’n ouerige vrou geval terwyl die skare om die bus beweeg het. Dit was goed om te sien hoe almal haar onmiddelllik probeer help het en na haar welstand omgesien het.”

Oor die Springbokke se Wêreldbekerveldtog sê Du Toit: “Ons doel was om Suid-Afrikaners hoop te gee. Ons het besef ons gaan nie noodwendig iets aan hongersnood of ander probleme kan doen nie, maar wat ons wel kon doen, was om hoop te bring. Dit wat ek in die afgelope ses weke tot twee maande gesien en beleef het . . . Ek het nog nooit so iets gesien nie.”

’n Tema wat telkens tydens die simposium bespreek is, was die belangrikheid daarvan om verhoudings te bou. Du Toit het gesê dit het vir hulle as span en Suid-Afrikaners ook duidelik geword hoe belangrik dit is om verhoudings te bou. “Dis belangrik dat jy nie heeltyd net op jou eie doelwitte konsentreer nie, maar ook ander s’n raaksien en daaraan aandag gee.”

Du Toit het die simposium saam met sy pa, Piet, bygewoon omdat hul familieboerdery, Kloovenburg by Riebeek-Kasteel, ’n projek wil aanpak. Die Du Toits boer met wyn- en tafeldruiwe, asook olywe. 

“Ons kyk na geleenthede om Suid-Afrika ’n beter plek te help maak,” het Piet gesê. As familieboerdery oorweeg hulle dit om moontlik ’n aparte besigheid te begin of om ’n belang in een te koop. “Ons woon die simposium by om te leer hoe om dit te doen en te sien hoe ons vorentoe kan gaan.”

Hy het gesê hy het reeds tydens die eerste sessies van die simposium geleer dat dit baie belangrik is om die regte vennote vir hul beoogde projek te vind. Hy is bly dat hulle die simposium kon bywoon, want ’n mens kan oorweldig voel deur die proses. “Dis regtig ’n kwessie om te weet waar om te begin.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.59
-0.8%
Rand - Pond
20.89
-0.0%
Rand - Euro
17.38
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Goud
1,791.82
0.0%
Silwer
22.47
0.0%
Palladium
2,379.00
0.0%
Platinum
1,016.00
0.0%
Brent-ruolie
90.03
+0.8%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot