AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Plaasaanvalle: Feestyd ’n tyd van kommer vir boere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
Terwyl die feestyd ’n tyd van ontspanning vir baie mense is, is dit ’n tyd van kommer vir boere.

Veiligheid op plase word gedurende die feestyd selfs meer van ’n prioriteit aangesien plaasaanvalle en misdaad op plase gewoonlik dié tyd van die jaar toeneem, sê genl.maj. Chris van Zyl, adjunk-hoofbestuurder van TLU SA, luidens ’n verklaring.

Hy sê verskeie plaasaanvalle en -moorde is sedert November landwyd aangemeld en daar was reeds ’n duidelike toename. Een van die vernaamste redes vir die toename is die aanname dat boere groot hoeveelhede kontant by hulle het om onder meer lone te betaal.

“Kontant is beslis ’n groot probleem. Die gebruik van ’n digitale betaalstelsel is die oplossing, maar geografiese faktore, toegang tot winkels, hoe om daar uit te kom en die tyd wat dit in beslag neem, is van die vernaamste struikelblokke daarmee. Daar is 'n persepsie dat daar op elke plaas baie kontant, vuurwapens en verhandelbare goedere is.”

Hy versoek boere om nie kontanttransaksies vir vee aan te gaan nie. “Dan is daar ’n daling in waaksaamheid en paraatheid – dit is immers vakansietyd – en dan word slagoffers ontnugter en verras.”

Van Zyl moedig boere aan om by hul plaaslike veiligheidstrukture betrokke te raak.  “Ek moet beklemtoon hoe belangrik betrokkenheid by jou onmiddellike omgewing is in dié tyd. Jy kan en mag nie in isolasie leef nie. Onthou, jou buurman is jou naaste bron van hulp.

“TLU SA is sterk voorstanders van die plaaswagstelsel waar vrywilligers saamspan om mekaar tot diens te wees. Landelike veiligheid werk op sy beste as daar samewerking tussen landbou-unies en die vernaamste belanghebbendes is. Dit is duidelik uit voorbeelde in Mpumalanga, Limpopo en Noordwes waar daar formele samewerkingsooreenkomste bestaan.

“Verskillende landbou-unies moet ’n gemeenskaplike standpunt inneem, want lewens en eiendom is op die spel. Ons kan nie daarna as net diefstal verwys nie. Ons mag nie diefstal onderskat nie.”

Hy sê dat TLU SA steun bied aan slagoffers van plaasaanvalle om hulle met hul herstel te help.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
+1.4%
Rand - Pond
22.08
+1.0%
Rand - Euro
19.48
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.97
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Platinum
981.72
+1.4%
Palladium
1,470.25
+1.5%
Goud
1,974.88
+0.5%
Silwer
23.71
+1.6%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot