Die polisie se onvermoë om misdaad te voorkom, het deels daartoe gelei dat daar van Oktober 2010 tot Desember 2010’n toename van sowat 40% in plaasmoorde was, reken Agri SA.
Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee, het volgens ’n berig in Beeld die vinger na die polisie gewys oor dié skokkende statistieke.
Botha beweer die polisie se misdaadintelligensiediens skiet tekort en dat te veel polisiebeamptes meer gepla is oor hul salaris as oor die werk wat hulle doen.
Hy sê ook dat daar ten spyte van goeie beleide en strategieë nie ’n genoegsame verbetering in misdaadstatistieke in landelike gebiede is nie.
Die uitwerking van misdaad is een van die belangrikste brandpunte waaraan Agri SA aandag gee. Volgens die organisasie beperk misdaad lewensgehalte en werkskepping in landelike gebiede.
Bron: Beeld