AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Plaasaanvalle neem toe in die Vrystaat

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Van die 53 plaasaanvalle wat van 1 April tot 30 November 2020 deur Vrystaat Landbou in dié provinsie aangeteken is, het 12 in November plaasgevind. In dié tydperk van agt maande is nege moorde op plase en kleinhoewes in die provinsie gepleeg.

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou, sê die statistieke dui op ’n toename in aanvalle in November en die aanloop tot die feestyd kan bydra tot ’n verdere toename in dié soort ernstige geweldsmisdaad.

“Ons doen ’n baie ernstige beroep op boere om by hul plaaslike veiligheidsgroep aan te sluit en verdagte beweging van mense of voertuie in hul omgewing aan te meld.”

Buys het aan Landbou.com gesê in die afgelope paar weke is twee voorvalle voorkom nadat boere verdagte mense in voertuie by hul veiligheidsgroepe aangemeld het. Die polisie is ontbied en ongelisensieerde wapens en toerusting om drade te knip is in die mense se besit gevind. Hulle is aangekeer.

Boere word aangeraai om seker te maak dat hul radio’s en selfone gelaai is, en dat hulle ekstra batterye vir hul radiostelsels het sodat hulle die veiligheidsgroep en owerhede tydens ’n krisis kan bereik. Buys raai boere aan om ’n selfoon met ’n volgelaaide battery in die huis te versteek sodat hulle hulp kan ontbied as hulle aangeval en hul selfone afgeneem word.

Styging

Teenoor verlede jaar se syfers het plaasaanvalle in die Vrystaat vanjaar met 35,9% toegeneem. Altesaam 34 aanvalle en 6 moorde is in die ooreenstemmende agt maande verlede jaar aangeteken.

Volgens Buys is werkers, voormanne of sekuriteitswagte in 20 voorvalle aangeval, terwyl 16 aanvalle op boere en hul families aangeteken is.

Die ander voorvalle was op kleinhoewes, op opkomende boere en een onder meer op ’n spekulant wat op ’n plaas woonagtig was. In een voorval is ’n boer én werkers aangeval. In vier plaasaanvalle was kinders onder die slagoffers.

Volgens Buys het die nege moorde in die boerderygemeenskappe van Bloemfontein (Bloemspruit), Ficksburg, Hennenman, Kestell, Paul Roux, Odendaalsrus (2), Viljoenskroon en Welkom voorgekom. Drie boere is vermoor, een opkomende boer, een werker, een voorman, een sekuriteitswag en twee mense wat op gasteplase gewoon het. In drie van dié voorvalle is verdagtes in hegtenis geneem, terwyl verdagtes in nege ander plaasaanvalle aangekeer is.

Luidens die organisasie se nuusbrief is hoëmisdaadareas Bloemfontein met 11 voorvalle, gevolg deur Hobhouse, Theunissen en Virginia met elk drie voorvalle. Op tien dorpe is twee voorvalle elk aangeteken, naamlik Clocolan, Ficksburg, Harrismith, Hennenman, Hobhouse, Kestell, Marquard, Odendaalsrus, Villjoenskroon en Zastron. Ses van dié dorpe is naby die grens met Lesotho. Twaalf voorvalle het in die distriksmunisipaliteit Lejweleputswa voorgekom.

Tydens drie van die voorvalle is vee ook geroof, terwyl daar tydens nog drie aanvalle pogings was om vee te roof. Buys sê die meeste aanvallers was met vuurwapens gewapen en het die aanvalle in groepe van twee tot ses uitgevoer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Pensionaris / Wewenaar soek gepaste pasmaat vir n langtermyn verhouding
Is n ekstrovert met redelike algemene kennis van sake van belang. Hou van persoonlike kontak - is n " aanraakmens" wat soms lighartig kan wees om spanning te verlig....
Opgewekte boskind!!
I am fun to be with and am full of joy! Painting is my favorite hobby and I also enjoy dancing!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot