AFGRI
BEAN
28 Jun
-
9652
181,00
CORN
28 Jun
-
4744,6
72,60
SOYA
28 Jun
-
8890
98,00
SUNS
28 Jun
-
10395
245,00
WEAT
28 Jun
-
7438
92,00
WMAZ
28 Jun
-
4357,4
-22,60
YMAZ
28 Jun
-
4370
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Plaasaanvalle: Wes-Kaap gaan ministeriële komitee stig

akkreditasie
Foto: Carien Kruger
Foto: Carien Kruger
’n Ministeriële landelike veiligheidskomitee gaan in die Wes-Kaap gestig word ná die onlangse wrede moorde wat op plase in dié provinsie plaasgevind het.

Luidens ’n verklaring sal dié komitee dien as ’n subkomitee van die provinsiale wetgewer om toe te sien dat landelike veiligheid die nodige voorrang geniet. Dié besluit volg na ’n vergadering tussen dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, en adv. Albert Fritz, die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid. Meyer en Fritz veroordeel die sinlose moorde van boere, plaaswerkers en diegene wat met die provinsie se landelike ekonomie verbind kan word.

Die stap volg veral ná die wrede moord van mnr. Tool Wessels op sy plaas by Bonnievale en mnr. Christopher Kgomo, ’n bestuurder van Time Link Cargo, op ’n plaas by De Doorns.

Die onmiddellike stappe wat Meyer en Fritz sal doen, is om die provinsiale landelike veiligheidsvergaderings van die polisie by te woon om toe te sien dat die polisie die nodige hulpbronne het om landelike gebiede veiliger te maak. Die provinsiale landelike veiligheidsplan sal ook onder die loep geneem word en, indien nodig, sal veranderinge gemaak word om landelike veiligheid te bevorder. 

Ekonomie

“ ’n Aanval op ’n boer of ’n landbouwerker is ’n aanval op die landelike ekonomie en ons moet hierdie misdaad en wetteloosheid stop sit,” sê Meyer. Landbou, bosbou en visserye, asook die verwerking van landbouprodukte dra 10,3% tot die provinsie se ekonomie by, terwyl 45% van die land se landbou-uitvoerprodukte van die Wes-Kaap afkomstig is.

Volgens Fritz sal die provinsiale regering voortgaan om voorrang te gee aan die opleiding van die jeug in landelike gebiede aangesien dit nodig is om die jeug deur middel van vaardigheidsontwikkel te bemagtig. “Die veiligheid van landelike én stedelike gemeenskappe is uiters belangrik. Ons kan nie geweld teen ons boere, landbouwerkers en landelike gemeenskappe toelaat nie. Ons landbougebiede is die broodmandjies van ons provinsie en die lewensaar van ons ekonomie wat baie families voed en bemagtig.”

Meyer sê die staat sal nou saamwerk met ander belanghebbendes in die landboubedryf om veiligheid in landelike gebiede te bevorder. “Die tyd vir daadwerklike stappe is nou en die Wes-Kaapse regering is daartoe verbind om veiligheid in die landbou te bevorder en om die provinsie se voedselsekerheid te beskerm.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Canada farmer
Beste place to be is on the farm Enjoy outdoor Enjoy water sports I'm trying to be good to all people Everyone deserve the best
Ek is oulik en kom goed oor die weg met almal!
Ek is super fun en n groot grapgat, Ek kan lekker geselskap wees en ook "fun".Vat n kans en kyk!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot