AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Plaasjapie-wenner gebruik prysgeld om ander te help

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Dian Louw
Mnr. Dian Louw
Mnr. Dian Louw het bewys dat hy murg in sy pype het toe hy as wenner aangewys is van die kykNET-werklikheidsreeks Plaasjapie.

Louw (30), ’n stadsjapie van Pretoria, het weggestap met R1 miljoen in prysgeld, een van die grootste pryse wat nóg deur kykNET weggegee is, toe hy as die wenner van dié kanaal se nuwe werklikheidsreeks Plaasjapie aangewys is.

Dian het teen die 24-jarige mnr. Stefan Botha, ook van Pretoria, in die finale episode van Plaasjapie te staan gekom. Met behulp van drie Plaasjapie-deelnemers wat reeds uitgestem is, het Louw bewys hy is sy sout werd deur onder meer take soos draadspan en die aanjaag van skape suksesvol te voltooi.

Louw vertel hy is ’n bietjie van ’n introvert en sukkel as gevolg daarvan in ’n groot groep. “Daarom het ek met die ander deelnemers individuele bande gesmee. Ek het ook flippen hard gewerk en ek het alles gedoen om my plek op die plaas te verdien sodat niemand die vinger kon wys dat ek lyf wegsteek nie.

“Ook het die aantal kere wat ek kaptein moes wees, my buite my gemaksone geplaas. Ek moes leiding neem deur koelkop te bly en het my spanmaats se sterkste punte geïdentifiseer om dit tot voordeel van almal aan te wend.”

Hy glo dat sy goeie menseverhoudings en die feit dat hy net homself tydens die reeks was, hom gehelp het om ver in die reeks te vorder. Die R1 miljoen prysgeld gaan dié kunstenaar en galery-eienaar help om sy kreatiewe denke te bevorder.

“As ek my salaris van die afgelope 12 jaar bymekaar tel, kom dit nie naastenby by die goue geleentheid om ook ander kunstenaars te help,” sê hy. “Ek en my vrou, Michelle, het intussen ’n huis gekoop waar my ateljeespasie heelwat groter is, en ek kan dus meer kunstenaars help om ook hul passie uit te leef. Die prysgeld ondersteun dus my droom én die drome van talle ander kunstenaars.”

Ewan Strydom, Plaasjapie-aanbieder, het Louw se sterk karaktereienskappe en deursettingsvermoë beaam. “Ongeag hoe groot of moeilik die taak is, het Dian dit altyd kalm en sistematies aangepak. Dian het ons almal beïndruk en hy het oor die 13 episodes bewys dat hy vir niemand hoef terug te staan nie. Hy het nie net slim te werk gegaan in hoe hy die spel aangepak het nie, maar het terselfdertyd ook sy eie vrese oorkom.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.14
+0.7%
Rand - Euro
18.21
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,774.30
+0.3%
Silwer
22.49
+1.1%
Palladium
1,869.20
-0.4%
Platinum
994.84
-0.5%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,536
-0.0%
Alle aandele
74,672
-0.0%
Hulpbronne 10
73,951
-1.1%
Industriële 25
91,518
+0.0%
Finansiële 15
15,823
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot