AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Plaaslike voedselproduksie is ’n nasionale bate

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Die covid-19-pandemie, die oorlog in Oekraïne en handelsingrypings in ander lande toon duidelik dat daar geen plaasvervanger vir plaaslike produksie is nie, sê dr. Dirk Strydom, hoof van bemarking by Nampo en navorsingskoördinering by Graan SA.

“ ’n Mens kan nie op groot lande staatmaak om ’n groot deel van die wêreld se voedsel te verskaf nie en ’n land self kan ook nie op invoer alleen vertrou nie. Plaaslike produksie is kernbelangrik en is ’n bate vir ’n land,” het Strydom op die SA Graaninligtingsdiens (Sagis) se jaarvergadering in Broederstroom, Noordwes, gesê.

As Suid-Afrika nie die hoeveelheid mielies gehad het wat hy self geproduseer het nie, tesame met oordragvoorraad, sou mielies nader aan invoerpariteit verhandel het, met die prys wat al so hoog as R7 840/ton was.

Sojabone het histories naby invoerpariteit verhandel, totdat daar ’n opbloei in plaaslike produksie was danksy meer hektare en stygings in opbrengs. Die prys het toe na uitvoerpariteit beweeg. Hiersonder sou die plaaslike sojaprys nou na aan R13 351/ton gewees het. “Alles in ag genome, het plaaslike boere ’n merkwaardige bydrae gemaak tot voedselsekerheid, nie net rakende beskikbaarheid nie, maar ook bekostigbaarheid, en dít in tye van baie onsekerhede reg oor die wêreld,” het Strydom gesê. 

Inligting werk paniek teen

Toe die oorlog in Oekraïne begin het, was daar volgens Strydom baie vrae oor wat in die plaaslike graanbedryf gaan gebeur, veral ten opsigte van koring, omdat Suid-Afrika ’n netto invoerder is.

Danksy die land se beskikbaarheid van goeie, betroubare inligting kon belanghebbendes reeds in April met me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, vergader en vrese oor tekorte besweer.

Met koring speel die gehalte van die plaaslike oes ’n rol in besluite oor van waar koring ingevoer word. Die plaaslike koringoes was groot, maar van laer gehalte as normaalweg. Koring word dan vanaf lande ingevoer waarvan koring tradisioneel ’n hoër proteïenvlak het, soos Kanada, Litaue en Pole. “Ons het niks van Rusland af ingevoer nie, dit was (weens die oesgehalte en voorraad) nie nodig nie.”

Ten opsigte van mielies kon daar aan die minister bewys word dat daar danksy oordragvoorraad en vraag en aanbod genoeg voorraad is en dat Suid-Afrika steeds sou kon uitvoer. Dit was volgens Strydom belangrik vir gemoedsrus in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, maar ook om seker te maak dat vryemarkbeginsels behoue bly.

Vir mielies was daar boonop ook vir twee maande vooruit inligting by Sagis beskikbaar oor in- en uitvoervoornemens. Dit het gehelp om presies te kon wys wat die verwagte eindvoorraad vir die bemarkingseisoen sou wees. Met koring is dié inligting nie beskikbaar nie, maar volgens Strydom is daar onlangs weer ’n aansoek ingedien dat die verskaffing van inligting aan Sagis oor in- en uitvoervoornemens rakende koring statutêr vereis moet word. “As dié inligting beskikbaar was, kon beleidmakers nóg beter inligting tot hul beskikking gehad het.” 

Onsekerhede rondom laer graad van mielies

Hoewel daar genoeg mielies vir menslike verbruik in die huidige bemarkingseisoen is, sê Strydom daar is onsekerhede oor die gradering daarvan. Gewoonlik is 92% van die witmielies wat teen dié tyd van die seisoen geoes is graad 1, maar vanjaar is dit net 73%. Dit kan druk plaas op die beskikbaarheid van graad 1-witmielies.

Die vraag is nou of die situasie gaan voortduur vir die res van die seisoen en hoeveel van die graad 2-witmielies in die maalmark opgeneem gaan word. In vorige soortgelyke seisoene het dit wel gebeur dat mielies wat later geoes is, se gradering beter was. 

Vrye mark belangrik

Oor die 2022-’23-seisoen is daar reeds baie vrae oor wat geplant word. Baie boere sê sojabone kon die baie reën en vloede in die jongste seisoen beter hanteer as mielies. Verder het sojabone ook laer insetkoste as mielies en boere oorweeg dus om eerder sojabone as mielies te plant. “Vir boere bly besluitneming ’n ekonomiese evaluering wat bruto marge en risikobepaling betref. Gegewe die kleiner oordragvoorraad van witmielies, kan ’n skuif na sojabone die voorraad van witmielies onder druk plaas.

“Die afgelope tyd het ons baie lande gesien wat drastiese stappe doen weens paniek. Só het die Indonesiese regering vroeër die uitvoer van palmolie verbied. Sulke ingrypings versteur die hele aanbodketting en dit duur dan langer om tot ekwilibrium te herstel.

“Waar die vrye mark toegelaat word om sy gang te gaan, verander die situasie vinniger en herstel die handelsomgewing vinniger. “Veranderinge danksy die vrye mark se werking begin stadig, maar namate meer inligting beskikbaar word, word besluite geneem en reageer die mark. Dit skakel paniek uit die stelsel en maak deurdagte besluite moontlik.”

Hy sê ’n goeie voorbeeld hiervan is dat die mark begin kennis neem het van die witmielievoorrade en daarom is daar reeds nie meer ’n diskonto tussen wit- en geelmielies nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot