AFGRI
BEAN
28 Jun
-
9652
181,00
CORN
28 Jun
-
4744,6
72,60
SOYA
28 Jun
-
8890
98,00
SUNS
28 Jun
-
10395
245,00
WEAT
28 Jun
-
7438
92,00
WMAZ
28 Jun
-
4357,4
-22,60
YMAZ
28 Jun
-
4370
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Plaasmoorde: Dit raak net ál erger, meen TLU SA

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die statistieke rondom plaasaanvalle en -moorde dui aan dat die bloedbad op die platteland vanjaar groter sal wees as wat dit verlede jaar was, sê mnr. Henry Geldenhuys, ondervoorsitter van TLU SA.

Volgens TLU SA se statistieke was daar vanjaar reeds 194 plaasaanvalle en 29 plaasmoorde. Terwyl dié misdade in die verlede hoofsaaklik in die noorde van die land voorgekom het, vind ’n verskuiwing volgens Geldenhuys nou plaas na die Kaapprovinsies, veral die Wes-Kaap, waar dit jare lank “stil en rustig was”. Vanjaar is twee boere al op plase in die Oos-Kaap vermoor, terwyl vyf boere op plase in die Wes-Kaap vermoor is. Die Noord-Kaap is die enigste provinsie waar ’n boer nog nie vanjaar vermoor is nie.

Geldenhuys sê die statistieke dui sedert 2012 op ’n styging in plaasaanvalle en -moorde. Verlede jaar was daar 394 plaasaanvalle en 54 plaasmoorde. Sedert 1990 was daar volgens TLU SA se statistieke 5 125 plaasaanvalle en 2 021 plaasmoorde. “Dit is duidelik dat daar ’n probleem is. Ons praat nou nie eens van die hoë algemene moord- en misdaadsyfer nie,” sê Geldenhuys. “Die regering het werk om te doen, maar hy doen dit nie.”

Geldenhuys sê boere moet onthou dat beveiliging by hulself begin en dat hulle die nodige sekerheidsmaatreëls, al is dit duur, op hul plase moet aanbring. “Boere moet waaksamer wees. Hulle moet inskakel by ’n veiligheidstruktuur wat geaktiveer kan word as daar moeilikheid is. Hulle moet ook diefwering, kameras en dies meer gebruik om lae van beskerming om hulle te hê om te voorkom dat ’n misdadiger hulle in hul bed wakker maak.” 

Brandseisoen

Die brandseisoen is ook ’n veiligheidsrisiko vir boere, aangesien ’n brand op die plaas ’n maklike manier is om ’n boer uit sy huis te lok. “Wanneer daar ’n brand op die plaas is, hardloop sommige boere uit hul huise uit sonder om deure te sluit. Misdadigers kry dan toegang tot die huis. Boere moet dus versigtig wees as daar ’n brand op hul plase is.”

Geldenhuys sê hulle hoop pres. Cyril Ramaphosa bespreek landelike veiligheid in sy staatsrede, maar die tyd sal leer of die politieke wil daar is om die kwessie aan te pak. “Die oplei van polisiereserviste is iets wat al lank belowe word. Dit is tyd vir ’n magsvermenigvuldiging. Diefstal op plase is ook besig om hand uit te ruk. Ons sal moet sien of daar ’n plan voorgelê word en of dié plan wel toegepas word.”

Hy doen ’n beroep op alle organisasies, nie net landbou-organisasies nie, om hande te vat en oplossings te vind wat die voortbestaan van die landboubedryf sal verseker. 

Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse regering het onlangs verskeie vergaderings belê en ander stappe gedoen om veiligheid in die provinsie aan te pak. Adv. Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, het op Dinsdag 18 Junie met mnr. Bheki Cele, minister van polisie, vergader om die weg te baan vir toekomstige gesprekke oor veiligheid. Cele het op dié vergadering gesê 5 000 bykomende polisiebeamptes word tans opgelei, waarvan 1 000 na die Wes-Kaap gestuur sal word.

Mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het met genl. Khehla Sithole, nasionale polisiekommissaris, vergader om kwessies rondom polisiëring en hulpbronne te bespreek. Winde, wat onlangs ’n inter-regeringsdispuut met Cele verklaar het, wil steeds op 4 Julie met Cele vergader soos wat hy vroeër ingevolge die dispuut aangedui het. “Hoewel die inter-regeringsdispuut steeds bestaan, verwelkom ons die minister en kommissaris se bereidwilligheid om hulself vir die vergaderings beskikbaar te stel. Sodoende toon hulle hul verbintenis daartoe om die Wes-Kaap ’n veiliger plek te maak.” 

Drie aanvalle

Daar is onlangs oor verskeie plaasmoorde berig, onder meer twee wat gedurende die afgelope week plaasgevind het.

Mnr. Moolman Meyer (67) se lyk is op Woensdag 12 Junie op sy plaas Waaihoek in Mpumalanga gevind. Hy is met ’n panga doodgekap. ’n Wapen, waarmee ’n vorige aanvaller 15 jaar gelede doodgeskiet is, asook twee selfone is gesteel.

Mnr. Luan Preston (31), wat op die neut-en-skaapplaas David’s Farm in KwaZulu-Natal gewerk het, se lyk is op Sondag 16 Junie met veelvoudige steekwonde in sy blyplek op die plaas gevind. Hy is blykbaar ook verwurg. Verskeie items, onder meer selfone, is uit sy blyplek gesteel.

Mnr. Hasie Terreblanche (68) en sy vrou, Liensie (69), het op Saterdag 15 Junie ’n aanval op sy neef se plaas in Citrusdal oorleef. Drie aanvallers het hulle ná ’n gestoeiery met Hasie uit die voete gemaak toe Liensie die paniekknoppie druk.

Daar is min suksesverhale oor die inhegtenisneming van verdagtes wat by plaasaanvalle en -moorde betrokke is. Mnr. Cebo Andile Mgabashe (21) het vandag die tweede keer in Maclear in die Oos-Kaap in die hof verskyn nadat hy verlede week weens die moord op mnr. Louis van den Berg (74) en poging tot moord op sy vrou, Veron (destyds 71), aangekeer is. Die Van den Berg-egpaar is op 26 Oktober 2016 deur ’n groep van sowat vyf mans op hul plaas, Rustig, sowat 8 km buite Maclear aangeval.

Die saak teen ’n ander verdagte, die 19-jarige mnr. Ntabanyane Tladi van Lesotho wat van die moord op mnr. Tool Wessels (55) aangekla word, is op Dinsdag 18 Junie in die landdroshof in Bonnievale tot 17 Julie uitgestel. Wessels se lyk is op Maandag 13 Mei in ’n waterpomphuis op sy plaas buite Bonnievale gevind nadat hy en sy vrou, Liezel (55), ure lank deur vier verdagtes gyselaar gehou en gemartel is.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Canada farmer
Beste place to be is on the farm Enjoy outdoor Enjoy water sports I'm trying to be good to all people Everyone deserve the best
Ek is oulik en kom goed oor die weg met almal!
Ek is super fun en n groot grapgat, Ek kan lekker geselskap wees en ook "fun".Vat n kans en kyk!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot