Drie plase in die Boland is deur die Departement van Arbeid “gesluit” weens arbeidstoestande waaronder plaaswerkers daar moet werk.
Min. Mildred Oliphant het Vrydag (30 Maart 2012) 39 plase in die Boland saam met arbeidsinspekteurs besoek om die gesondheid-, veiligheids- en arbeidstoestande op dié plase te ondersoek.
Die werksituasie op drie plase in die distrikte Wellington en Paarl is as ongeskik vir arbeid gevind. Eyewitness News berig dat werkers op een plaas met gevaarlike chemikalië gewerk het sonder beskermende klere aan.
Boere op die plase is 21 dae gegee om aan arbeidswetgewing te voldoen voordat plaaswerkers toegelaat sal word om verder te werk.
Bron: Eyewitness News
30 Maart 2012