Altesaam 280 inskrywings by vanjaar se Pluimveeskou by Agri Megaweek 2010 het dit die suksesvolste skou nóg gemaak.
Die altesaam 56 rasse het dit ook die meeste gemaak wat nóg by ‘n Megaweek verteenwoordig is. Onder die inskrywings was 22 groot-, 29 bantam-, drie eend- en twee gansrasse.
Ondanks vanjaar se 20 minder inskrywings was die beoordelaars dit eens die gehalte en voorkoms van die hoenders was bo verwagting goed, veral inaggenome dat die skou in die middel van die broeiseisoen plaasgevind het.
Die skou het ondanks triestige weer baie besoekers die eerste dag gelok wat op die tweede en derde dag gegroei het. Volgens organiseerders het vanjaar se skou ‘n rekordgetal mense gelok.
20 Oktober 2010