AFGRI
BEAN
30 Nov
-
9211
0,00
CORN
30 Nov
-
4484
0,00
SOYA
30 Nov
-
8990
89,00
SUNS
30 Nov
-
11285
0,00
WEAT
30 Nov
-
6666
0,00
WMAZ
30 Nov
-
5260
-21,00
YMAZ
30 Nov
-
5109
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Polisie stel opgeskerpte planne teen misdaad bekend

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die opskerping van misdaadintelligensie is een van die maatreëls wat die polisie gister aangekondig het om misdaad in Suid-Afrika hok te slaan.

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het die aankondiging gister (1 Augustus) op ’n mediakonferensie in Pretoria gemaak.

Volgens Masemola sal polisiëring verbeter word ten einde ernstige en gewelddadige misdade te verminder. Die analise van misdaadbedreigings en -neigings sal as raamwerk vir verskerpte ontplooiing ingespan word.

Masemola het gesê daar is reeds bevind dat die meeste ernstige en gewelddadige misdade van Vrydag tot Maandag gepleeg word.

Blitsveldtogte sal in alle provinsies onderneem word met hoë vlakke van sigbaarheid. Bekampingsveldtogte sal gedurende naweke onderneem word. Ernstiger toepassing van die Wet op Vuurwapenbeheer, die nasionale en provinsiale drankwette en die Wet op Tweedehandse Goedere, asook die reël van strategiese padblokkades is nou die maatstaf waarteen bevelvoerders se prestasie gemeet sal word.

Masemola het gesê gedurende Julie alleenlik is beslag gelê op 1 173 onwettige vuurwapens en 7 738 patrone, hoofsaaklik in Gauteng. Hy meen dit sal die voorkoms van ernstige en gewelddadige misdade verminder.

Meer as 22 320 verdagtes is landwyd in hegtenis geneem – 3 193 vir aanranding, 576 vir moord, 360 vir poging tot moord, 432 vir verkragting en 177 vir seksuele misdrywe.

Volgens Masemola is ’n multidissiplinêre span ondersoekers op die been gebring om die naweek se voorval in West Village, waartydens agt jong vroue herhaaldelik verkrag is en waarna meer as 80 verdagtes in hegtenis geneem is, deeglik te ondersoek en te verseker dat reg en geregtigheid geskied.

Op die konferensie is aangekondig dat lt.genl. Koliswa Constance Otola as provinsiale polisiekommissaris in die Noord-Kaap aangestel is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.97
+0.2%
Rand - Pond
20.30
+0.0%
Rand - Euro
17.55
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.36
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.0%
Goud
1,754.49
+0.3%
Silwer
21.25
-0.1%
Palladium
1,879.28
+2.1%
Platinum
1,010.00
+0.4%
Brent-ruolie
83.03
-0.2%
Top-40
66,816
0.0%
Alle aandele
73,128
0.0%
Hulpbronne 10
71,369
0.0%
Industriële 25
88,068
0.0%
Finansiële 15
16,117
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd om te Glo Liefde Bestaan
Ek is enkel lopend Vir 5 Jaar het te veel Seer gekry Al in my Lewe wil maar net weer n Vriendin ontmoet en Kyk of daar iets daar uit Kan ontwikkel of net vriende Kan Bly of wees...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot