AFGRI
BEAN
08 Des
-
7536
0,00
CORN
08 Des
-
3732
0,00
SOYA
08 Des
-
7630
0,00
SUNS
08 Des
-
11400
0,00
WEAT
08 Des
-
6192
0,00
WMAZ
08 Des
-
3531
0,00
YMAZ
08 Des
-
3800
0,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Polisie ‘traag’ om jag met honde hok te slaan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie: Foto: Leana Erasmus
Ter illustrasie: Foto: Leana Erasmus
Dit wil voorkom of onwettige jag met honde altyd problematies in landelike gebiede en boerderygemeenskappe is, en dat dit nie doeltreffend deur die polisie getakel word nie, sê dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder by Vrystaat Landbou.

“Met die covid-19-pandemie en gevolglike inperkingsregulasies was daar in baie boerderygemeenskappe beperkte vergaderings met die polisie binne die landelike beveiligingstrategie. Daar word nou weer ernstig klem gelê daarop dat alle misdade wat problematies is, in sulke gesprekke of vergaderings met die nodige erns deur die polisie beskou moet word sodat dit daadwerklik aangepak kan word.

“Daar is duidelike toepassingsriglyne en ’n provinsiale instruksie in die Vrystaat uitgevaardig oor hoe onwettige jag met honde deur die polisie getakel moet word.  Boere word versoek om nie honde in hul veld te skiet nie, behalwe as daar ’n direkte bedreiging of aanval op hul diere is.”

Netwerk24 berig mnr. Piet Kleyhans (62), ’n boer van Ventersburg, is Maandagoggend op aanklagte van moord in hegtenis geneem nadat hy die naweek honde waarmee daar in ’n stuk veld gejag is, doodgeskiet het.

Luidens die berig sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, dat die honde se eienaars beweer hulle was tussen die honde toe Kleynhans die honde geskiet het. Die honde se eienaars het ook aan die polisie gesê Kleynhans het een van hulle met sy bakkie raakgery.

Kleynhans het aan Netwerk24 gesê die honde was eers op sy grond en dat hy hulle later op munisipale meentgrond geskiet het. Hy het glo toestemming van boere wat dié grond huur, gehad om die honde te skiet.

Buys sê landbougemeenskappe moet seker maak dat alle voorvalle by die polisie aangemeld word. Boere moet aandring op ’n saaknommer en ’n dossier wat geopen word waar daar vyf klagtes ter sprake kom.  Voorvalle moet ook maandeliks op die  misdaadpatroonontleding aangedui en met die nodige patrollies of operasies opgevolg word.

“Die polisie moet op provinsiale vlak verseker die instruksie en riglyne word weer onder alle polisiekantore se aandag gebring met opleiding, en die polisie moet dit konsekwent toepas. Die polisie moet ook daadwerklik optree, nie ure daarna nie, ten einde oortreders in hegtenis te neem.

Traagheid by polisie?

“Dit wil voorkom of daar ’n traagheid by die polisie is om daadwerklik op te tree teenoor sodanige oortreders, moontlik omdat van die polisielede in sommige gevalle in sekere gebiede betrokke is,” sê Buys.

Sy sê elke polisiekantoor moet met sy plaaslike dierebeskermingsvereniging skakel sodat daar beslag gelê kan word op honde wat vir onwettige jag gebruik word en hulle geskut kan word.

“Landelike veiligheidskoördineerders van die polisie moet ook bewusmakingsveldtogte onder werkers en bewoners op plase loods wat hierdie tipe misdaad betref.

“Die departement van omgewingsake moet meer betrokke raak. Sy inspekteurs moet boere bystaan wat probleme ondervind met honde wat op hul plase jag. In só ’n geval moet boere met die inspekteurs skakel sodat hulle kan ingryp wat die honde betref.”

‘Jag met honde barbaars’

Mnr. Bertus van der Westhuizen, voorsitter van TLU SA in die Vrystaat, sê onwettige jag met honde skep vir vee en wildboere ’n groot probleem, want geen boer kan toelaat dat sy diere op dié wrede manier uitgewis word nie.

“Honde is wrede jagters en ruk hompe vleis uit lewende prooi totdat die stomme dier deur pyn so verswak is dat hy nie meer kan vlug nie. Wanneer die jagter of jagters dan op die toneel verskyn, word hierdie dier dikwels met byle afgemaai. Geen boer beskou hierdie manier van jag as ’n sport of vermaak nie en sal verseker tot beheersde geweld oorgaan om sy diere teen hierdie praktyk te beskerm.”

Hy sê bedreigde spesies, soos steenbokkies, loop die gevaar om op hierdie manier uitgewis te word.

Volgens Van der Westhuizen is dit noodsaaklik vir die polisie om die misdaad in ’n meer ernstige lig te beskou, en meer moet doen om hierdie praktyk te stop. “Daar lê groot konflikpotensiaal in hierdie misdryf opgesluit. Nie net konflik tussen gemeenskappe nie, maar ook tussen boere en die polisie self.”

Hy doen ’n ernstige beroep op die polisie en die regstelsel om boere by te staan in hul stryd teen hierdie misdaad eerder as om van hul misdadigers te probeer maak.

“TLU SA Vrystaat doen ’n beroep nie net sy op lede nie, maar op boere van regoor die land om nie hierdie soort misdryf op hul grond toe te laat nie en om dit met alle middele tot sy beskikking binne die wet te beveg. Indien dit nie vinnig opgelos word nie, sal die praktyk ’n verwoestende effek op ons natuurlewe en toerisme bedryf hê.”

Hy stel voor boere hou deeglik rekord van die tyd, polisiebeampte se naam en hoe lank jy wag vir opvolg en bystand as die saak aangemeld word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.74
+0.7%
Rand - Pond
20.84
+0.7%
Rand - Euro
17.87
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Goud
1,785.53
+0.1%
Silwer
22.46
-0.2%
Palladium
1,856.04
+0.1%
Platinum
962.00
+0.5%
Brent-ruolie
75.44
+3.1%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.2%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
If we want to or need to meet someone,, we wiil have to message that unknown someone.
Ek sal myself beskryf as 'n eerlike, opregte mens. Ek is 'n goeie luisteraar en ek kan ook goeie raad uitdeel. I'm a dreamer, ek jaag my drome na. Ek hou van...
Kom ons mqak n great lewe saam
Eks baie oulike eerbaar avontuur mense hou van buite lower stan by my ek sal by jo staan via angel kamp jag en per ry
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot