Wessels het toe aan Landbouweekblad gesê alles wat hy in sy gewasboerdery doen, is om meer en beter koring te produseer. Wessels was nog aktief in die gemengde graan-en-veeboerdery wat hy saam met sy jongste seun, Jaco, en ’n familielid bedryf het.
Mnr. Albert Bester, plaasbestuurder op Schildskloof, sê sy oom se dood was skielik en laat ’n groot leemte. Hy het baie van Wessels geleer, veral om presies en netjies te werk. “Jy moet ’n perfeksionis wees.”
Wessels was ’n geswore John Deere-man en was lid van ’n paneel van boere van reg oor die wêreld wat die maatskappy van advies bedien het. Mnr. Jaco van Lill, takbestuurder van Afgri op Caledon, sê Wessels het gehelp om John Deere se presisieboerderystelsel te verbeter en die grense van presisieboerdery in die Wes-Kaap te verskuif.