
Die Wes-Kaapse Prestige Agri-toekennings gee erkenning aan die bydrae wat landbouwerkers tot die groei en volhoubaarheid van die landbousektor in die provinsie lewer. Vanjaar se kompetisie het 994 deelnemers gelok.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het aan Nigel erkenning gegee vir sy harde werk asook die wenners van elke kategorie vir hul bydraes geloof. Nigel sal ook deel word van die Wes-Kaapse prestige landbouwerkersforum, waar hy onder die leiding van Mnr. Wippy Paule, voorsitter van die prestige landbouwerkersforum, sal dien.
Die doelwit van hierdie geleetheid is om die volle potensiaal van landbou te verbeter, sodat dit kan bydra tot die ekonomie van die Wes-Kaap en om die maatskaplike waarde van die inwoners van hierdie provinsie te verseker.
Die wenners van elke kategorie het 'n kristaltrofee, 'n geraamde sertifikaat, 'n kontantbedrag van R5000 deur VCDOA, ’n Shoprite-koopbewys van R3000 asook ’n koopbewys van R500 geskenk deur Daleen Turner Consultancy ontvang.
Mnr. Pieter van Zyl, hoofbestuurder van verkryging by Shoprite Freshmark, het plaaswerkers vir hulle bydrae tot die varsproduktemark bedank en gesê sonder hul bydrae kan die ekonomie nie funksioneer nie.
“Plaaswerkers is die belangrikste skakel en anker in die landboubedryf” sê van Zyl.
Shoprite is dankbaar vir die geleentheid om deel te weens van so ’n betekenisvolle geleentheid.
Nigel is ’n produksiebestuurder by die landbou-onderneming Fruitways en beman hierdie pos vir die afgelope aantal maande. Hy het ’n paar jaar terug vir die middelbestuurskompetiesie ingeskryf en was die algehele wenner asook die kategorie-wenner.
Die landbousektor is ’n belangrike sektor wat verseker dat soveel huishoudings in Suid-Afrika voedselsekerheid het en dit is die katalisator van soveel vooruitvang in die land.
“Ek will vir Fruitways, waar ek tans diensbaar is dankie sê dat hulle my toelaat om te kan doen wat ek goed doen, dit is om te lei.
“Niks in my is spesiaal nie, maar elke dag probeer ek die spesiale doen.”
Hy het ook die departement van landbou bedank vir die voorreg en geleentheid wat die toekenning hom bied.
Algehele wenners van afsonderlike kategorieë
Algemene werker
Me. Christina Page van Breede Vallei
Besproeiingspesialis
Mnr. Gershwin Marcus van Piket Bo-Berg
Drywer
Mnr. Elton Thomas van Stellenbosh
Diereproduksie
Mnr. Jermone Robertson van Sentraal-Karoo
Tegniese operateur
Mnr. Lusanda Madumbe van Overberg
Landbouverwerking
Me. Martha Klein van Sentraal-Karoo
Maatskaplike ontwikkeling
Me. Marcha Bambi, Hexvallei
Administratiewe personeel
Me. Shiree Paulse van Witzenberg, Welsgemeen
Voorman/voorvrou
Mnr. Mabonolo Molefi van Hexvallei
Junior bestuurder
Mnr. Jakob H Morris, Hexvallei,
Middelbestuur
Me. Nongcebo Langa van Stellenbosh
Beste potensiaal
Mnr. Christiaan Prins van Breedevallei