AFGRI
BEAN
08 Des
-
7536
0,00
CORN
08 Des
-
3732
0,00
SOYA
08 Des
-
7630
0,00
SUNS
08 Des
-
11400
0,00
WEAT
08 Des
-
6192
0,00
WMAZ
08 Des
-
3531
0,00
YMAZ
08 Des
-
3800
0,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Private eiendomsreg ononderhandelbaar – Agri SA

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Private eiendomsreg en die beginsel van vrywillige koper en vrywillige verkoper is ononderhandelbaar omdat dit die hoeksteen van ekonomiese groei vorm, beklemtoon mnr. Pierre Vercueil, president van Agri SA.

Hy het in sy uittredende presidentsrede op die organisasie se kongres gesê nogtans moet daar oplossings gevind word vir grondhervorming en inklusiewe groei. Mnr. Jaco Minnaar, adjunkpresident en voormalige voorsitter van Graan SA, is tot nuwe president verkies.

In sy laaste optrede het Vercueil verwys na wetsontwerpe voor die parlement wat eiendomsregte bedreig en gesê die vraag is of die landbou, die land en Agri SA se lede gedien kan word as almal die hele tyd op die verdediging moet wees. Dit werk net nie.

“Dit is goed en wel om mens tot die hof te wend oor beginselsake, maar daar moet ook oplossing vir kwessies gevind word. Daar is genoeg goeie planne, maar dit op sigself is nie genoeg nie. Die sleutel lê in die uitvoering van die planne. Daar is baie plase op die mark. Die regering het groot hoeveelhede grond gekoop, wat nou nie behoorlik benut word nie. Watter goeie rede kan daar dan wees om deur nuwe wetgewing grondhervorming en transformasie te maak werk?”

Hy het gesê daar moet ook gevra word wie se verantwoordelikheid is dit. “Die kennis om te boer lê by boere en die ruggraat van die landbou lê by familieboerderye. Dit is in landsbelang om dit te beskerm en nie met die skep van onsekerheid hierdie intellektuele kapitaal deur emigrasie uit die land te jaag nie.”

Vercueil het gesê daar moet ook gevra word hoekom is die vooruitgang so stadig en gegrond op ’n lawaaimakery, die opsweep van emosies en sonder werklike dienslewering. “Ek is oortuig dat die rekord wys dat niemand tevrede kan wees met waarmee ons vandag, 27 jaar later, sit nie. Onsekerheid oor eiendomsregte, die vernietiging van die waarde van grond, armoede, voedselonsekerheid by sommige gemeenskappe, ’n bevolking wat vinniger groei as die ekonomie, en gebrekkige veiligheid dra alles by tot die pessimisme.”

Hy het gesê almal weet wat gedoen moet word, daar moet nou saam besluit word oor hóé dit moet gebeur. “Hoe kry ons inklusiewe groei en hoe maak ons dit moontlik vir nuwe toetreders om betrokke te raak, hoe finansier ons dit, hoe verander ons dit wat moet verander om resultate te toon? As ons dit nie doen nie, sal ons verseker verloor wat ons het. ’n Land waarvan die landbou misluk, misluk ook as land.

“Ons as boere het ook die verantwoordelikheid om dinge te laat werk en nie net die toepassing oor te laat aan diegene wat nie die kennis en die kundigheid het om namens ons besluite te neem of uit te voer nie.”

Vercueil het Agri SA bedank vir die geleentheid om ’n leidende rol te kon speel. “Ek gaan weg met die sekerheid dat ons die wil en die vermoë het om die regte dinge te doen en dat ons ’n betekenisvolle rol sal speel om van ons land ’n voorbeeld te maak van hoe probleme opgelos kan word.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.75
+0.6%
Rand - Pond
20.85
+0.7%
Rand - Euro
17.87
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.31
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Goud
1,785.78
+0.1%
Silwer
22.48
-0.1%
Palladium
1,857.56
+0.2%
Platinum
962.50
+0.5%
Brent-ruolie
75.44
+3.1%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.2%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
If we want to or need to meet someone,, we wiil have to message that unknown someone.
Ek sal myself beskryf as 'n eerlike, opregte mens. Ek is 'n goeie luisteraar en ek kan ook goeie raad uitdeel. I'm a dreamer, ek jaag my drome na. Ek hou van...
Kom ons mqak n great lewe saam
Eks baie oulike eerbaar avontuur mense hou van buite lower stan by my ek sal by jo staan via angel kamp jag en per ry
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot