Pres. Cyril Ramaphosa het op 9 Februarie gesê meer besonderhede oor hoe die regering beoog om dié plan in werking te stel, sal in die opkomende begrotingsrede van mnr. Enoch Godongwana, minister van finansiers, gegee word.
Godongwana sal na verwagting uiteensit watter finansiële voordele dit vir Suid-Afrikaners en besighede kan inhou, byvoorbeeld moontlike belastingverligting en lenings vir ondernemings.
Mnr. Chris Schutte, besturende direkteur van Sonfin, sê daar bestaan reeds ’n aansporing dat 100% van die beleggings in sonkragstelsels tot 1 MW in die eerste jaar afgeskryf kan word.