AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Private sektor is ál wat Eskom kan red, glo oudbankbaas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Die private sektor is Eskom se enigste hoop.

Só glo dr. Michael Jordaan, voormalige hoof van FNB, en deesdae entrepreneur betrokke by onder meer Bank Zero, Snapplify, Codex, Rain en BrightBlack Solar. Jordaan, ’n genooide spreker op Vinpro se jaarlikse inligtingsdag, is ook eienaar van die wynplase Bartinney en Plaisir.

“Al manier waarop ontslae geraak kan word van misdaadsindikate en middelmanne wat floreer op plundery en sabotasie van elektrisiteitsvoorsiening in Suid-Afrika, is as die private sektor op groot skaal betrokke raak by kragopwekking en die sake-ondernemings se afhanklikheid van nutskrag verminder,” het hy gesê.

“Dis die enigste hoop vir Eskom, en daarom ook die land, want Eskom ís in baie opsigte Suid-Afrika.”

Jordaan het gesê daar is geen teken dat die huidige bestuur van Eskom vooruitgang maak om probleme op te los nie.

“Hulle blameer verouderende infrastruktuur, maar die ironie is dat die ouer kragsentrales in werklikheid effens beter presteer as die nuwes.”

Hy beskou Eskom as die olifant in die vertrek wat Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte betref. Hoewel ekonome verwag dat ontluikende ekonomieë vanjaar vinniger sal groei as die verwagte 2,7% wat vir die internasionale ekonomie verwag word, geld dit nie Suid-Afrika nie, waar die groeivooruitsigte ‘n skrale 1,1% is.

“Die toestande vir ekonomiese herstel is nie baie goed nie.”

Reserwebank

Hy is egter verlig oor die Reserwebank se hantering van die monetêre beleid, wat inflasie laer gehou het as in die res van die wêreld.

“Daar is meer en meer geld beskikbaar om die energiesektor behoorlik te herstruktureer. Die privatisering van belangrike staatsbates lyk waarskynliker as ooit tevore, selfs onder ’n ANC-regering.”

Die land se vernuftige entrepreneurs gee Jordaan hoop vir Suid-Afrika. Kyk jy na die lys van maatskappye waarin hy belê het, is dit hoofsaaklik “maatskappye wat probleme oplos waaroor ek bekommerd is”.

“Daar is baie passievolle Suid-Afrikaners wat ons jong demokrasie se probleme oplos. Dikwels sonder erkenning en gewoonlik teen alle verwagtinge in. Ons het hulle nodig, want selfs al misluk hulle, maak hulle Suid-Afrika ’n beter plek. Entrepreneurs sien probleme as potensiële sakegeleenthede en ons weet ons kan nie op die regering staatmaak of wag op ’n nuwe tydvak wat nooit kom nie. Die beste manier om ’n probleem volhoubaar op te los, is om ’n markoplossing te kry.” 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot