Bedrywighede by die meeste hawens in Suid-Afrika het feitlik tot stilstand gekom, terwyl vrugte in vragskeepshouers wag om na uitvoermarkte verskeep te word.
Teen Donderdag het alle bedrywighede by die Kaapstad-, Ngqura- en Gqeberha-hawe tot stilstand gekom en slegs beperkte bedrywighede vind plaas in die Durban-hawe, luidens ’n kennisgewing wat aan uitvoerders gestuur is.
“Ongeveer 30 van ons vraghouers wat regstaan in Gqeberha en Kaapstad kan nie nou verskeep word nie. Hierdie vragte is van die laastes vir die 2022- seisoen en die nuwe seisoen is om die draai,” sê mnr. Pedre Koekemoer, direkteur van logistiek by Pomona Fruit.