
Probleme is die afgelope tyd ondervind met die soekfunksie op Landbou.com en veral in Vra die Kundiges. Die probleem is reggestel en die webwerf sal binnekort weer in volle swang wees.
Die soekfunksie was een van 'n paar knelpunte wat opgeduik het nadat die webwerf oorgebou is. Dit was veral in die afdeling Vra die Kundiges wat artikels nie opgespoor kon word nie. Die redaksie en dr. Faffa poog nou om so spoedig as moontlik die agterstand in te haal met die beantwoording van vrae aan die kundiges.
Landbou.com bied verskoning aan vir die ontwrigting wat dit veroorsaak het.