AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Produktiwiteit van plaas tot staat kan skuld beveg

akkreditasie
Desert Raisins voer rosyne uit na lande en streke soos Asië, die Europese Unie, Nieu-Seeland, Noord- en Suid-Amerika, Brittanje, Rusland, China, die Midde-Ooste en Afrika. Foto: Vida Booysen
Desert Raisins voer rosyne uit na lande en streke soos Asië, die Europese Unie, Nieu-Seeland, Noord- en Suid-Amerika, Brittanje, Rusland, China, die Midde-Ooste en Afrika. Foto: Vida Booysen
Groter produktiwiteit gaan vanjaar die sleutel tot Suid-Afrika se ekonomiese groei móét wees.

Dit is nie net die staat wat meer produktief moet wees nie, maar ook maatskappye en boerderye, sê mnr. André du Toit, besturende direkteur van Pakhouse Brands, deel van die BKB-groep. Hy het op Keimoes met rosyntjieprodusente gepraat oor die groep se nuwe handelsmerk vir uitvoerrosyne, Desert Raisins, asook die hernieude klem op gehalte en groter doeltreffendheid.

Hy het verwys na Suid-Afrika se kommerwekkend hoë skuldvlakke en vermoë om sy skuld as persentasie van sy bruto binnelandse produk in toom te hou en gewaarsku as dit, soos ekonome voorspel, binne die volgende jaar tot meer as 100% van die bruto binnelandse produk (BBP) styg, gaan Suid-Afrika ’n soortgelyke skuldkrisis beleef as Griekeland, wat ’n paar jaar gelede nie meer sy skuldeisers kon betaal nie.

“Die Suid-Afrikaanse ekonomie moet teen 3,5% per jaar groei om daardie soort skuldvlakke te regverdig. As die ekonomie egter stilstaan, ontstaan probleme. Die kwessie is nie die lening as sodanig nie, maar hoe produktief die geld aangewend word.”

Die staat gaan sy werksmag moet verklein en onderhandel om nie salarisverhogings te gee nie, en maatskappye moet selfs meer doen om hul produktiwiteit en doeltreffendheid te verhoog. “Ons doen dit reeds en het die afgelope vier tot vyf maande bykans R10 miljoen bestee om die produktiwiteit in ons pakhuise te verbeter.”

André du Toit, Pakhouse brande
Mnr. André du Toit, besturende direkteur van Pakhouse Brands, deel van die BKB-groep. Foto: Vida Booysen

Prioriteit

Ook op die plase sal produktiwiteit ’n deurlopende prioriteit moet bly, sê Du Toit. Gehalte gaan in dié tyd swaarder weeg as volume. “Daar is twee plekke waar jy druk kry in die mark: eerstens as jy duur produkte verkoop, want mense het nou minder geld, en tweedens as jou gehalte swak is.”

Aan die prys kan dikwels nie veel gedoen word nie, maar gehalte kan altyd verbeter. “Ons moet seker wees dat ons produktiwiteit binne die pakhuis handhaaf, ons moet reg pak en sorg dat die produk wat uitgaan, se gehalte reg is. Dit moet ’n prioriteit wees op elke plaas, nes dit vir Desert Raisins, BKB en vir die regering moet wees, as ons die verlangde groeikoers vanjaar wil handhaaf.”

Oor die naamsverandering het Du Toit gesê die ou handelsmerk, Fruits du Sud, gaan steeds gebruik word in spesifike streke waar die naam waarde kan gee. Desert Raisins, die nuwe handelsmerk, is reeds versprei na die groep se internasionale kliënte en dis baie goed ontvang. Produksie is hoofsaaklik naby Kanoneiland in die Noord-Kaap aan die oewer van die Oranjerivier, waar die halfwoestynklimaat ideaal vir die rosyne is. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot