
Prof. Peet Pienaar sê baie reën kan op 11 en 12 November in die somersaaigebied val.
Landbou.com het Donderdag, 10 November, met dié bekende weerwaarnemer gesels na aanleiding van sy weervoorspelling vir die somer- en winterreëngebiede. Sy woorde was: “Jy kan jul lesers waarsku dat oorstromings ook kan voorkom.”
Pienaar sê Vrydag en Saterdag (11 en 12 November) kan “baie groot reën” verwag word in Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en die Vrystaat.
Hy verwag ook baie reën rondom die 14de November oor 'n groot deel van Suid-Afrika.
Lees prof. Pienaar se waarnemings vir die nuwe seisoen.