"Dit behoort te lei tot aanbevelings oor hoe om beleid oor sprinkaanbekamping aan te pas en boere met raad te help.”
Boere en wetenskaplikes uit verskillende terreine en Suid-Afrikaanse instellings sal betrek word. Die beoogde werkgroep hoop om einde Julie tydens die konferensie van die graslandvereniging van Suider-Afrika by Aldam in die Vrystaat te vergader.
Henschel sê goeie navorsing is van die 1920’s tot die 1960’s oor die spesie gedoen, maar vergeleke met studies oor ander sprinkaanspesies ter wêreld het dit sedertdien agterweë gebly.